Naaswenner:
Alle gereedSKAP
(elektries en nie-elektries)
Dié mobiele sonpaneel-boorgatpomp van mnr. Stan Jerling van Hennenman bestaan uit ’n klein sleepwa waarop ’n sonpaneel en elektriese pomp gemonteer is. Die pomp word aan sy plastiekpyp in die boorgat laat sak sodat water na ’n dam of tenk gepomp kan word. Die sonpaneel lewer 750 W
elektrisiteit. Aan die einde van die dag word die pomp weer uitgetrek en alles word na die plaaswerf teruggeneem waar dit teen diefstal beskerm kan word. Die pomp kan met die hand uitgetrek word, maar Jerling het ’n werktuig gebou wat die uittrek-aksie en oprol van die waterpyp met ’n ou ewenaar en slinger behartig.
Inskrywings van hoë gehalte is ontvang vir vanjaar se Boereplankompetisie tydens die Nampo-oesdag by Bothaville. Dit is met die samewerking van Omnia Nutrilogie® en Landbouweekblad aangebied nadat die oesdag die vorige twee jaar weens die covid-19-pandemie in die slag gebly het.
Hoewel minder boereplanne vanjaar ingeskryf is, grootliks weens onsekerheid tot redelik kort voor Nampo of dit mag plaasvind, was die beoordelaars beïndruk met die standaard.
Die sameroeper was mnr. Chris Schoonwinkel, en hy is bygestaan deur mnre. WH van Zyl, Hannes Haasbroek, Andries Theron, Willie Marais en Tom van Rooyen. In verlede week se uitgawe van Landbouweekblad is die afdelingswenners en ont- vangers van spesiale pryse se boereplanne gewys.
Teken in op Landbou.com en kry toegang tot die beste joernalistiek en eksklusiewe produkte.