Die uitvoerrosyntjieboer mnr. Dirk Louw se hande staan vir niks verkeerd nie. Ná ’n slapelose nag verlede Maart oor die swak gradering van rosyne in ’n uitsonderlik nat jaar, het hy ’n ou stroper aangepas om ’n skud-aksie uit te voer – 500 kg rosyne word op dié manier binne sewe minute gegradeer.
Dit het hom ’n beter gradering vir sy 2022-oes besorg in ’n jaar waarin die twee swak- ste grade byna 20% van die rosyntjie-oes uitgemaak het, veral by Groblershoop.
Louw, van Silver Moon Investments, was al onder meer Landbouskrywers SA se Nasionale Toetreder tot die Kommersiële Landbou in 2019 en ’n finalis in Toyota SA se Nuwegenerasieboer van die Jaar-kompetisie in 2022.