AFGRI
BEAN
02 Des
-
9365
0,00
CORN
02 Des
-
4550
0,00
SOYA
02 Des
-
10600
0,00
SUNS
02 Des
-
11030
0,00
WEAT
02 Des
-
6745
0,00
WMAZ
02 Des
-
5203
0,00
YMAZ
02 Des
-
4966
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
18 Nov
-
159,48
-1,95
Ave Wool - RWS
18 Nov
-
164,49
-0,59
Beeste A2/3
18 Nov
-
60,09
0,35
Beeste AB2/3
18 Nov
-
56,25
0,33
Beeste B2/3
18 Nov
-
52,95
1,01
Beeste C2/3
18 Nov
-
48,85
-0,26
Bevrore Hoender
18 Nov
-
32,06
-0,24
Bokkies (onder 30 kg)
18 Nov
-
63
3,43
Bokooie
18 Nov
-
39
-3,28
Groot (meer as 40 kg)
18 Nov
-
44,26
0,39
Hoender (IQF)
18 Nov
-
31,5
0,00
Medium (30-40kg)
18 Nov
-
54,61
-5,70
Pork Average
18 Nov
-
36,05
-0,10
Poultry Average
18 Nov
-
32,36
-0,15
Skaap A2/3
18 Nov
-
90,45
-1,54
Skaap AB2/3
18 Nov
-
75,52
-1,96
Skaap B2/3
18 Nov
-
74,2
-0,26
Skaap C2/3
18 Nov
-
70,7
0,53
Speenkalf
18 Nov
-
37,1
0,21
Spekvarke
18 Nov
-
35,44
-0,81
Stoorlammers
18 Nov
-
39,82
-0,87
Varkwors
18 Nov
-
27,86
-0,60
Vars Hoender
18 Nov
-
33,54
-0,19
Vleisvarke
18 Nov
-
35,95
-0,07

KYK! Planmaker-plaasseun dink nog ’n patent uit!

akkreditasie
Jedri Janse van Rensburg (13) en die J3 Golf Tool. Foto: Willem van der Berg
Jedri Janse van Rensburg (13) en die J3 Golf Tool. Foto: Willem van der Berg
Die Vrystaatse plaasseun wat sedert die begin van die inperking die land aan die gons het oor die voetpomp-revolusie wat hy aan die gang gesit het, het nog ’n briljante plan uitgedink.

Die Vrystaatse plaasseun wat sedert die begin van die inperking die land aan die gons het oor die voetpomp-revolusie wat hy aan die gang gesit het, het nog ’n briljante plan uitgedink.

Dié keer het Jedri Janse van Rensburg (13) selfs patentreg vir die plan gekry. Hy en sy pa, Michris Janse van Rensburg, speel graag gholf en met dié dat bane die afgelope twee en ’n half maande gesluit was, moes hulle tevrede wees om op hul plaas Mooiuitzicht, Bultfontein, in die tuin te oefen.

Dit is egter ’n stryd om weer jou balle in die veld op te spoor wanneer jy bietjie krag in jou swaai wil sit. “Ons het ’n net waarteen ons kan vasslaan,” vertel Michris. “Maar dit blok regtig jou visie en later leer jy klomp foute so aan. Ons het begin dink aan ’n manier hoe ons die bal kan terughou. Ons wil hard kan slaan, asof ons op die baan is, maar die bal moet net ’n klein entjie trek.”

Pa en seun het allerhande dinge probeer en uitgetoets op die grasperk voor die huis. Soms tot die frustrasie van ma Karlien. “Hier het al soveel rekke en toue en balle rondgelê,” sê Karlien. “En nes ek dink hulle het nou eers die idee laat vaar, dan raak hulle opgewonde oor ’n beter plan.”

Uiteindelik het Jedri ’n affêre aanmekaar gesit met rek en ’n breë band wat twee gholfballe aan die punte daarvan het. “Die gevoel wanneer jy die bal slaan is baie goed. Net soos wanneer jy op die baan is. En die bal trek net so 10 m.”

Dit werk só goed dat ’n Johannesburgse prokureur vir Jedri gehelp het om die patent in sy naam te registreer. Dit word die J3 Golf Tool genoem en die Janse van Rensburgs hoop dat sportwinkels dit een van die dae sal aanhou.

Intussen het Jedri hierdie week, op Jeugdag, ’n brief van die DA-LP George Michalakis ontvang. Michalakis het van Jedri en sy voetpompplan in Landbouweekblad gelees en hom bedank vir die verskil wat hy aan baie mense se lewe gemaak het. “Jy het my trots gemaak om van hierdie deel van die Vrystaat te wees,” skryf Michalakis. Hy het aangebied om ’n advertensie oor die voetpompe uit te stuur en eendag vir Jedri na die parlement te nooi.

Karlien hoop net dat Jedri weer so baie aandag aan skoolwerk gaan gee soos aan die planne in sy kop. “Hy en Michris is só dieselfde. Mens hoor heeldag, ‘Ek het ’n plan!’ Tussen hulle twee is daar altyd iets aan die broei.”

Jedri se gholfpatent is ook op Facebook te sien. Klik hier.

Janse van Rensburgs,
V.l.n.r: Annemé, Karlien, Jedri, Michris en Daniela Janse van Rensburg. Foto: Willem van der Berg

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.54
+0.1%
Rand - Pond
21.57
-0.2%
Rand - Euro
18.48
-0.2%
Rand - Aus dollar
11.92
-0.1%
Rand - Jen
0.13
-0.1%
Goud
1,797.91
0.0%
Silwer
23.15
0.0%
Palladium
1,900.00
0.0%
Platinum
1,020.00
0.0%
Brent-ruolie
85.57
-1.5%
Top-40
68,238
-0.9%
Alle aandele
74,323
-0.9%
Hulpbronne 10
74,020
-2.7%
Industriële 25
91,592
-0.6%
Finansiële 15
15,398
+0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Enige opregte blanke dames
Ek is n eerlik, lojale en n opregte wit man sonder fieterjassie. Wat jy sien is wat jy kry. Gee nie voor wat ek nie is.
Kom kook saam met my!
Ek is skerp. Nooit n vervelige oomblik. Jy gaan baie lag as jy my ontmoet. Jy moet asb net nie rook nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot