AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69

Pynlose planttyd met eie toedienwa vir aanvullings

akkreditasie
Mnr. Jurie Giliomee
Mnr. Jurie Giliomee
Om biologiese aanvullingskonsentrate soos spoorelemente in planttyd toe te dien, is harde en vuil werk. Die Overberger mnr. Jurie Giliomee het op grond van ’n Australiese werktuig sy eie invoortoediener gebou wat planttyd aansienlik makliker en skoner laat verloop.

Graan- en saaiboere weet hoe belangrik spoorelemente en ander biologiese aanvullings in die grond is om goeie oeste te verseker. “Ons sit met taamlike arm suurgrond en daarom is sulke aanvullings broodnodig,” sê mnr. Jurie Giliomee van Vlooikraal, Bredasdorp.

Die vloeibare spoor- en mineraalelemente word in houers van 1 000 liter afgelewer, en jare lank het die Giliomees – pa Liohan en seun Jurie – dit in 20 liter-houers na die lande karwei. Om dus 160 liter van die aanvullings in die tenk te kry, moes agt van dié houers per hand in die tenk gegooi word. “Dit het beteken ’n mens moes agt keer op- en afklim met die houers, wat nogal ’n veeleisende taak is – veral as jy dit 01:00 in die oggend moet doen wanneer deurnag geplant word.”

Jurie het drie jaar gelede gehoor van ’n Australiese vloeistof-invoortoediener waarmee sulke aanvullings maklik op ideale vlakke by die wortelsones van die saad toegedien word, en hy het ondersoek begin instel.

Mnr. Con Neethling, ’n chemiese verteenwoordiger op Bredasdorp, het hom meer vertel van dié Australiese konsep (wat die Australiërs ook self prakseer het om hul lewe makliker te maak), en uiteindelik het hy ’n kundige uit Australië na Suid-Afrika gebring. “Ek het fyn geluister na sy verduidelikings en sy foto’s gefynkam. Kort daarna het ek en my pa aan die werk gespring en ons eie toediener vir vloeibare aanvullings gebou.”

Die invoortoedienerwa is gebou op ’n ou saadtenkonderstel met wiele. Die planter word agteraan dié wa gekoppel en met pype verbind om die aanvullings by die plantertande te kry.

Só werk die toediener

Die Giliomees het ’n ou saadtenkonderstel geneem en twee tenks daarop gemonteer – ’n 2 000 liter- chemiese tenk en ’n vierkantige flowbin-tenk van 1 000 liter. Daarna is ’n 12 V-waterpomp met ’n vloeimeter aangebring.

Die vloeimeter verseker die korrekte hoeveelheid word vir die regte verhouding van die aanvulling saam met water in die geel tenk gepomp, waar dit outomaties vermeng weens die sterk vloei waarmee die water ingepomp word. Pype met krane verbind die twee tenks en toevoer word noukeurig gemonitor.

Die 1000 liter-tenk waarin die chemiese konsentraat afgelewer word, word met ’n laaigraaf opgelig en die inhoud loop deur natuurlike gravitasie in die flowbin. In planttyd moet die tenk elke 250 ha – sowat elke twee-en-’n-halwe dag – volgemaak word. Die geel watertenk en die tenk vir vooropkomsonkruiddoder moet natuurlik meer dikwels volgemaak word.

Giliomee sê hy kan sowat 20 ha met een mengsel bespuit. Meestal word 100 liter van die mengsel per hektaar toegedien, maar dit is maklik om die verhouding aan te pas. Die toevloeimeter maak berekenings maklik en akkuraat. Die meter word bloot op 0 gestel waarvandaan die hoeveelheid vloeistof bereken word.

Die vloeibare aanvullingskonsentraat word deur die planter se tande in die grond geplaas sowat 25 mm dieper as wat die saad geplaas word. Hier kan gesien word hoe die plantertande verander word, met die groen pypie wat die konsentraat daaraan in die grond plaas.

Alles in een proses

Die toedienerwa word tussen die trekker en die planter gehaak. “Die planter plaas teen sy eie kalibrasie die saad in die grond, dien korrelkunsmis én vooropkomsonkruiddoder toe, terwyl die vloeibare aanvullingskonsentraat deur die pypstelsel in die grond geplaas word. Die hele plantproses word dus op een slag afgehandel, en twee mense – die trekkerdrywer en iemand wat die waterkar vul en bedien – behartig alles. Dis dus baie arbeidsvriendelik en bespaar koste,” sê Giliomee.

Boonop kan ’n trekker van 240 kW hier-die ry werktuie heel gemaklik sleep. Die konsentraat moet sowat 25 mm dieper as die saad en kunsmis in die grond geplaas word, sodat die wortels van die ontkiemende saad as’t ware daar ingroei, sê Giliomee. “As dit op dieselfde vlak as die ontkiemende saadjies geplaas word, bestaan die gevaar dat dit die saad kan brand.”

Vir dié doel is ’n “verlengstuk-geut” van 25 mm aan elke skaar van die planter vasgesweis. Hierin word ’n plastiekbuis gelei om die vloeibare element toe te dien. ’n Weerstandsbuisstelsel (friction tube) sorg dat die druk by elk van die 45 neersettingspunte beheer word en presies ewe veel van die vloeibare mengsel in die grond neergelaat word – van die naaste tot die verste neersettingspunt by elke plantry. “Dit balanseer die druk by al 45 punte.”

’n Waterpomp van 12 volt het ’n vloeimeter wat die pompvolume akkuraat meet en seker maak die regte verhoudings word vermeng.

Dit word aangedryf deur ’n meganiese pomp agter op die planter. Die vloeistof word met ’n gewone PVC-pypstelsel van die toediener na die planter geneem en vandaar na die skaarpunte.

Die toedieningskar met twee tenks, pompe, krane, pype en vloeimeter het Giliomee minder as R25 000 gekos om te bou. “Maar dit is deur en deur die geld en moeite werd. Dit bespaar arbeid, tyd, en koste, en ’n groot voordeel is dat jy nooit direk met die konsentraat of mengsel in aanraking kom nie. Een skakelaar sit die hele stelsel aan.”

Navrae: Mnr. Jurie Giliomee, 072 592 4000; e-pos: jurie@twk.co.za
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.32
+0.8%
Rand - Pond
21.12
+0.8%
Rand - Euro
18.20
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.64
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,777.01
+0.5%
Silwer
22.36
+0.5%
Palladium
1,875.50
-0.1%
Platinum
1,002.00
+0.2%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,346
-0.3%
Alle aandele
74,473
-0.3%
Hulpbronne 10
73,712
-1.4%
Industriële 25
91,403
-0.1%
Finansiële 15
15,732
+0.9%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom leer my ken dan besluit jy self
Ek is n introvert maar sodra jy my leer ken maak ek oop. Is n natuurmens wat alles in buite lewe geniet. Eerlikheid is bitter belangrik daar sonder werk niks
Son en see mens.
Eks stil en op my plek. Praat met diere darem nog nie met my self nie. Hou van berg klim en fiets ry. Visvang en rugby glad nie my ding nie.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot