Boonop het mnr. Pieter du Toit van Bredasdorp ’n onfeilbare plan bedink om sonpanele diefstalbestand te maak.
Graanboere weet dit is feitlik onmoontlik om saad uit ’n grootmaatsak te tap sonder dat ’n klomp graan of saad op die vloer beland. Mnr. Pieter du Toit van die plaas Grashoek buite Bredasdorp is bekend daarvoor om uit skynbaar nuttelose materiaal werkbare planne te prakseer.
“Kyk, om graan of saad uit ’n grootmaatsak te tap, moet jy vinnig speel om die uitloopbek van die sak met die hand toe te druk. Dikwels stort groot hoeveelhede op die grond uit.”