AFGRI
BEAN
07 Des
-
7639
2,00
CORN
07 Des
-
3732
24,00
SOYA
07 Des
-
7538
-1,00
SUNS
07 Des
-
10850
118,00
WEAT
07 Des
-
6190
-30,00
WMAZ
07 Des
-
3537
45,00
YMAZ
07 Des
-
3792
37,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

Waar kom melkboere se hulp vandaan?

akkreditasie
 Kalwers bly die eerste paar weke in hokke waar hulle uit emmers suip en gaan dan na kalfkampe waar hulle melk uit ’n multivoerbak kry.
Kalwers bly die eerste paar weke in hokke waar hulle uit emmers suip en gaan dan na kalfkampe waar hulle melk uit ’n multivoerbak kry.
Melkboere se oorlewingstryd is nie onbekend nie en daarom is dit net die heel grotes wat oorleef. Tog word min gedoen om melkboere te help.

As D.F. Malherbe se “wat is die slaap ’n wondersoete ding” jou dikwels nie beskore is nie, is daar ’n manier om die nagtelike ure sonder slaappille redelik sinvol om te kry. Jy luister na die radio op jou bedkassie. ’n Mens behoort in elk geval nie jou lewe om te slaap nie.

As Klaasvakie my dus ontwyk terwyl ek wag dat Die Burger teen drie-uur soggens op my stoep val, luister ek draadloos. Salomo – “nog ’n bietjie slaap, nog ’n bietjie sluimer, nog ’n bietjie hande vou en bly lê en die armoede oorval jou soos ’n rower” (Spreuke 6:10-11) – sou beslis in sy skik gewees het met Die Burger se flukse tuisafleweraars.

Die vroegoggendprogram waarna ek die graagste luister, is RSG-landbou. Weliswaar nie meer aangekondig deur ’n hanekraai, soos in die ou dae toe dit bekend was as Roep die landman nie, maar darem. Ek onthou dit wanneer ek soggens om halfvyf, wanneer die meeste mense, ook alle boere behalwe melkboere, nog in droomland is, my bedradiotjie aanskakel.

Kom melk uit ’n plastieksak?

In elke verstedelikte Afrikaner skuil daar mos ’n boer. Al weet die meeste so min van boerdery as ’n kat van saffraan. Indien hulle nie boonop ook glo dat melk uit ’n plastieksak kom en nie ’n lewende koei se uier nie.

As ek Tina Joemat-Pettersson was, sou ek ’n dekreet uitgevaardig het wat dit vir almal in die land verpligtend sou maak om soggens na dié program te luister. Sodat hulle kan weet waar hul kos vandaan kom en hoe veral melkboere daagliks moet bakstaan om dit teen vergoeding van ’n oulap en ’n bokstert op hul tafels te kry terwyl supermarkte obsene winste uit hul noodsaaklike produk maak.

Uit woede en simpatie met die oorblywende klompie hardwerkende melkboere het ek op en af op my katel gespring toe Bertus de Jongh van die Melkprodusente-organisasie (MPO) op ’n onlangse landbouprogram bevestig het dat Suid-Afrikaanse melkboere van die minste ter wêreld vir hul melk kry, terwyl verbruikers van die meeste ter wêreld vir melk betaal. Wat ’n skande! En wat ’n erkenning van die MPO se vrugtelose stryd en klaarblyklike onvermoë om beter pryse vir sy lede te beding.

Melkboere kry inderdaad al jare lank ’n prys wat kwalik hul immer stygende produksiekoste dek. Hope het reeds die handdoek ingegooi. Van meer as 8 000 vroeër, is minder as 2 000 oor. En dis steeds nie die einde nie. Uitverkopings van die kuddes van kleiner melkboere, opgebou oor jare, vind feitlik weekliks plaas. Net die heel grotes, wat op omset oorleef, byt nog vas. Vir hoe lank, wonder ek.

Hel op aarde

Dit verbaas my nie. Wie wil dag na dag, jaar in en jaar uit, soggens van vieruur af op ’n koue, nat sementvloer vir ’n oulap en ’n bokstert in ’n melkstal (lees tronk sonder deure) staan, aan onbetroubare arbeid uitgelewer wees en boonop die risiko loop om vermoor te word?

G’n wonder melkboere word met ope arms deur Petrus by die pêrelpoort verwelkom nie. Hulle het hul hel op aarde gehad. Eddie von Maltitz, ’n bekende, uitgesproke Vrystaatse melkboer, het dit by geleentheid goed gestel: “Burn our cities and leave our farms and tomorrow the cities will bloom, but burn our farms and tomorrow grass will grow in the cities . . .”

Aan die adres van melkverwerkers kon hy bygevoeg het: “Gaan voort om melkboere ’n hongerloon te betaal en ook julle sal mettertyd droë pap eet.”

* Hierdie artikel het oorspronklik in die Landbouweekblad van 21 Junie 2013 verskyn.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.96
-0.2%
Rand - Pond
21.16
-0.2%
Rand - Euro
17.98
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.32
-0.9%
Rand - Jen
0.14
-0.0%
Goud
1,779.98
+0.1%
Silwer
22.40
+0.1%
Palladium
1,863.50
+0.5%
Platinum
953.50
+1.2%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,934
+2.1%
Alle aandele
72,348
+1.9%
Hulpbronne 10
69,348
+2.9%
Industriële 25
95,543
+2.3%
Finansiële 15
14,006
-0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Opsoek na ware geluk .
Wil graag die regte opregte een ontmoet om saam my die lewe aan te pak en te sien wat gebeur.
Net lis vir bietjie fun & geselsies
Eks n fun, loving, caring & sagte mensie. Ek leef voluit, with no regrets! Elke dag of dit my laaste is en n groot bok vir sport. As ek n kansie kry hou ek daarvan om...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot