Kom kyk volgende week na Landbouweekblad se eeufees-voorbladuitstalling by die US Woordfees op Stellenbosch: Alles van werkende honde, wegholbrande en die wol-boom, tot karakoel-modes, muilspanne, dassiejagters, veteraantrekkers, boerekos en pruimtwak.
Kom kyk na ’n eeu se voorbladstories, geelblad-advertensies uit toeka se tyd, rekordoeste, boerekultuur en tegnologiese deurbrake.
Dié reisende uitstalling is van 1-10 Maart in die Adam Small- foyer (voorheen die HB Thom-teater) te sien, en gaan daarna na die Klein Karoo Nasionale Kunstefees, asook die Suidoosterfees. Toegang is gratis.
Jy kan ook ’n voorblad vir jou eie huis of kantoor bestel. Kontak helene.booyens@landbou.com met navrae.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.