AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3800,8
20,80
SOYA
07 Des
-
7520
-19,00
SUNS
07 Des
-
10819,8
87,80
WEAT
07 Des
-
6190
-30,00
WMAZ
07 Des
-
3505
13,00
YMAZ
07 Des
-
3770
15,00
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07

'n Paar dae se stilte in die wildtuin

akkreditasie
Ter illustrasie. Foto: Roelof Bezuidenhout
Ter illustrasie. Foto: Roelof Bezuidenhout
’n Paar dae in die wildtuin laat ’n mens mooi nadink oor die natuur en sy maniere.
Uit: Landbouweekblad, 11 November 2016

Ek en Beryl was in die wildtuin. Ons het sommer langs die teerpad al baie diere gesien: Olifante, waterbokke, bobbejane, buffels, bosvarke, vlakvarke en leeukos, oftewel rooibokke, met hul presiese paar swart sokkies aan hul agterbene.

Almal vra of ons leeus gesien het. Ja, ’n paar sterte, ’n paar ore en lang, bruin lywe wat doer ver, skaars sigbaar, platlê. ’n Paar keer het een opgestaan, in die rondte gedraai en soos ’n sak weer gaan neerplof op sy lêplek.

Hier is ook seekoeie voor ons plek in Letaba. Bedags lê hulle soos varkworsies in die groen water en snags praat hulle met diep stemme. Maar Beryl snork so, ek hoor hulle skaars. Dieselfde gebeur met die voëltjies in die oggend – ek hoor niks.

Voëlparadys

Die wildtuin se voëls stap oor die pad, maar die marabou, die wyse man, land soos ’n vliegtuig. Hy kom van hoog ingesweef en sirkel soos ’n Boeing. Wanneer hy land, gaan sit hy saggies op sy stert, met sy kop in die lug.Die neushoringvoël vlieg soos ’n bomber uit die Tweede Wêreldoorlog: Plat en beslis, êrens heen op pad.

Ons was vroeër by die ander dam gewees. Dis asof die voëls daar geweet het dis ons laaste dag. Hulle was omtrent windmakerig. Almal het ’n draai kom maak: Die vaalgrys kwêvoël met sy fyn gelaatstrekke en simpel stem (die Engelse noem hom die grey go-away bird); die doelgerigte neushoringvoël kyk jou beneuk-befoeterd aan met sulke bakhand-oë, soos die kinders wat in die Strand bedel; en ’n visarend sit hoog in ’n groot, droë boom en bekyk die wêreld.

Daar was ook die reiers en ooievaars – wittes, gryses, groottes en kleintjies – so tussen die krokodille heen. Een had ’n lepel vir ’n bek en hy woel en dol die modder om. ’n Ander een, met ’n skerppunt-bek, staan roerloos en rustig op sy een been en wag.

Beryl het my ook die oopbek-ooievaar gewys. Sy bek lyk soos ’n sker en dit maak nie toe nie. Hy moet seker baie honger wees, want elke keer as hy ’n paddatjie vang, val dit uit sy bek uit. Alles tevergeefs, sê die Prediker.

Daar is ’n wolnek-ooievaar wat vis vang langs die krokodil. Sommige van die ooievaars doen egter niks nie; hulle staan net daar en mooi lyk en staar die verte in. Ek wonder soms wat dink ’n voël as hy so stil staan en “êrens” kyk.

Anderkant loop hordes nonnetjieseende met hul wit gesiggies – hulle raas vreeslik wanneer hulle almal bymekaarkom en begin groet, maar dan raak hulle rustig en krap rond in die modder, soos al die ander voëls. Die kolganse hier is anders – makliker om te verdra as by die huis. Dis asof die wye vlaktes hul geblaas en geskree verbloem, sagter maak. Daar is lewe om die dam, maar dis nie sonder risiko vir die veervolk nie.

Stompe vermom as diere

Een ding van die wildtuin is die stompe, takke en dooie bome wat van ver af na allerhande diere lyk. Beryl het ’n krokodil gesien, wat toe ’n bossie blyk te wees. Op pad na Mopani, om ’n verkyker te koop, sien ons ’n luiperd onder ’n koelteboom sit en uitkyk oor die vlakte. Toe ons ’n uur of wat later terugkom, sit hy steeds net so. En ons besef – met bevestiging van die verkyker – dis ’n stuk hout!

ongewenste besoekers

By Mopani is daar nie apies, bobbejane of blouspreeus wat jou besittings wil buit nie, maar by Shingwedzi is dit anders. Ons het die middag daar aangeland en begin uitpak. Die stasiewa staan oop terwyl ons alles uitdra vir die drie dae.

Toe ek die laaste draai maak, sit die hele stasiewa vol ape – op die windskerm, agter teen die binnekant, een op die oop deur en ’n ander soos ’n wafferse windplankryer op my dakrak. Ek gooi my hardste drama-stem, maar darem bedees genoeg dat hulle nie van skrik my kar bevuil nie. Jy sien net sterte soos die spul laat spaander, maar die bliksempies het darem tyd vir ’n verontwaardige omkyk!

Mopani het wel miere – sulke groot, swart sterkes. Hulle dra die plastiekskyfie wat keer dat die koedoefrikadelle aan mekaar vassit, saam met hulle weg nes toe. Hulle hou saam-saam vas aan weerskante, kompleet soos die brandweermanne in flieks daardie trampoliens dra waarop bang mense kan spring.

Behalwe vir Beryl se gesnork is dit snags stil in die wildtuin. Selfs die krieke, paddas en voëls is stil, maar die donker hier is baie mooier. Dalk is dit die wete dat hier êrens, anderkant, ’n ander wêreld wag van groot diere, fyn diere, klein diere, voëls wat bang slaap binne bome . . .

Alles slaap, maar môreoggend praat die voëls weer tegelyk. Hulle is almal pragtig mooi; almal verskil, maar is tog so eenders. Dis asof wie ook al hulle gemaak het, “got carried away and just went on and on and on and . . .”

Deon Bosman is ’n advokaat wat tans as ’n kommersiële en familiemediator praktiseer. Hy is in 2014 met Beryl, ’n chemikus, getroud en hulle woon in die Strand. Hulle ry die land plat op soek na plekke waar daar stilte is en die wilde diere vir ’n mens staan en kyk.

Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.
Teken in
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.94
-0.1%
Rand - Pond
21.12
+0.1%
Rand - Euro
17.97
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.31
-0.8%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,783.22
+0.3%
Silwer
22.45
+0.3%
Palladium
1,867.00
+0.7%
Platinum
957.00
+1.6%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,764
+1.8%
Alle aandele
72,196
+1.7%
Hulpbronne 10
68,996
+2.3%
Industriële 25
95,385
+2.1%
Finansiële 15
14,020
-0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Gaan elke dag voluit. More is nie vir ons verseker nie
Is buite mens. Hou van visvang kamp en sport. Is n mense mens. Plat op die aarde en so so lief vir kinders
Hoekom dan nou nie
Hou van om die vuur sit met vriende Visvang en soms in die bed le en movies kyk as die weer reg is. lewe is te kort vir drama ,😁
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot