’n Wynpers wat baie jare lank in die Kaap gebruik is. Dit kon die korrels stukkend druk en terselfdertyd die stingels verwyder.
In 1969 het Landbouweekblad ’n fotoreeks uit die Kultuurhistoriese
Museum in Kaapstad gepubliseer — spansae, sense, wangrawe, kapmesse,
houtploeë en ander werktuie en gereedskap van toeka se tyd.
Uit: Landbouweekblad, 15 Oktober 1968

Dié stellasie heet ’n koringharp en is gebruik om kalanders van koring te skei. Die koring is op die boonste sif gegooi, wat geskud is sodat die koring eweredig op die onderste sif kon val. Hierdie sif het die kalanders deurgelaat, wat dan in leersakke opgevang is.

Omdat die ou boere so dikwels rondgetrek het, moes hulle feitlik alles self maak of herstel. Smeewerk is met behulp van hierdie ou blaasbalk gedoen. Dit het net buite die smidswinkel gestaan, met die tuit deur die muur.
Ontvang die nuutste landbounuus en -raad in verskeie bedrywe - teken HIER in vir een van ons nuusbriewe.
Boer vooruit met ’n Landbou.com-intekening
Teken in op Landbou.com teen R149 per maand en kry toegang tot gehalte-joernalistiek, alle landboutydskrifte, Landbouweekliks-episodes, boeke en baie meer.