Kundiges
Soek in kundiges
Beheer van rotplaag
Ek is te bang om gif uit te sit siende dat ek hasies, katte, honde en mak voëls het. Ek het hulle al talle maal sonder sukses probeer vang. Enige raad sal baie waardeer word.
Daar is slegs twee metodes om van knaagdiere soos rotte en muise ontslae te raak: of met slagsytertjies of met geregistreerde knaagdierdoders.
Wanneer mense wel troeteldiere op die werf het, moet hulle uiters versigtig wees met die knaagdierdoders en dit mag SLEGS in lokaashouer aangewend word.
Daar is verskeie soorte knaagdierdoders op die mark wat ook in verskeie formulasies beskikbaar is. Wat die publiek in ag moet neem is dat alle knaagdierdoders baie giftig vir alle soogdiere is, en honde het die nare gewoonte om die lokaas uit te snuffel en te vreet.
Die beste is dus om twee plastieklokaashouers te koop en dit te plaas op so ‘n plek waar geen hond, haas of kind kan bykom nie.
Gebruik dan Racumin 3D Paste (L10218, bevat kumatetraliel en cholekalsiferol, VERSIGTIG, geregistreer deur Bayer (Edms) Bpk) of EcoRat (L10397, bevat cholekalsiferol, geregistreer deur Efekto Care (Edms) Bpk).
Plaas een blokkie in die lokaashouer en loer elke dag of die rotte dit vreet. Sodra die blokkie opgevreet is, sit ‘n nuwe een in. Maak seker die blokkie word vasgemaak in die houer deur die draadstafie deur die blokkie te druk. Die sakkies waarin die blokkies verpak word, moet nie verwyder word nie.
Dit behoort rotte en muise heeltemal binne 14 dae uit te wis. Dit hou baie min gevaar vir sekondêre vergiftiging in as ‘n hond dalk ‘n dooie rot vreet terwyl dit feitlik geen gevaar vir uile inhou nie.
Geskryf deur:
Dr Gerhard H Verdoorn
Direkteur van die Griffon-gifinligtingsentrum
082 446 8946
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag