Kundiges
Soek in kundiges
Voerkraalmengsel vir lammers
Ek is op soek na ’n voerkraalmengsel vir lammers. Ek het sojareste en droë sitrusmeel beskikbaar. Die lammers weeg 33 kg op vier maande. Wat moet ek bysit of watter mengsel kan ek gebruik om hulle tot 45 kg in twee maande te laat gewig optel?
Gedroogde sitruspulp word beskou as ’n energiekonsentraat wat graan deels in herkouerrantsoene kan vervang. Insluitings van 10-20% word in voerkraalrantsoene vir lammers aanbeveel.
Hoër insluitingsvlakke kan groei weens mineraalwanbalans en anti-nutriente beperk.
Sojaboonhooi of -reste bevat sowat 10% ruproteïen, afhangende van die hoeveelheid peule wat ná die oes agterbly.
Dit word gewoonlik teen 10-15% in ’n afrondrantsoen ingesluit, waar lusern gewoonlik tot en met 20% ingesluit word. Die rede hiervoor is die hoër ruveselinhoud van sojaboonhooi teenoor dié van lusernhooi.
Onthou om ’n natuurlike proteïenbron in te sluit wanneer sojaboonhooi pleks van lusernhooi gebruik word – dit maak op vir die laer ruproteïen.
Die volgende mengsel sal goeie lammergroeiresultate in die voerkraalomgewing lewer:
• 200 kg Voermol SS200 (V8592)
• 50 kg Voermol Procon 33 (V12701)
• 570 kg gemaalde mielies
• 150 kg gedroogte sitruspulp
• 170 kg gemaalde sojaboonhooi (10 mm)
Voer ad libitum. Onthou om lammers eers vir 10-14 dae aan te pas deur addisionele hooibale eenkant saam te voer.
Dr. Josef van Wyngaard is tegniese bestuurder by Voermol Voere.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag