Kundiges
Soek in kundiges
Beenmeel as fosfaatbron vir vleisbeeste
Is beenmeel ‘n goeie bron van fosfaat vir vleisbeeste?
Ongesteriliseerde beenmeel was tradisioneel in Suid-Afrika as enigste organiese fosfaatbron aan weidende herkouers gevoer met die doel om fosfaat-tekorte aan te spreek. Goeie sukses in terme van diereproduksie was bereik, maar verskeie siektes het begin verskyn.
Bakterie soos Salmonella en Bacillus anthracis wat miltsiekte veroorsaak het begin voorkom. Gevolglik was ‘n steriliseringsproses met stoom geimplementeer. Selfs met sterilisering is die gebruik van vleis- en beenmeel vir veevoeding tot vandag toe in die Europese Unie verbied as gevolg van die uitbraak van malkoeisiekte in die 80’s en 90’s (Regulasie (EG) No 1774/2002; Europese Gemeenskap, 2002). Die biobeskikbaarheid van fosfor in beenmeel kan baie wisselvallig wees (50%-80%).
Beenmeel word vandag nog op plaasvlak as fosfaat-aanvulling vir herkouers in Suid-Afrika gebruik. Voor gebruik, maak net seker dit voldoen aan die volgende vereistes soos deur die veevoerwet uiteengesit:
• Die kalsium-vlak mag nie meer as 2,2 keer die werklike fosfor-vlak wees nie.
• Die etiket moet waarborge insluit vir minimum ruproteïen, maksimum vog, minimum ruvet, maksimum as, minimum fosfor (P) en minimum en maksimum kalsium (Ca).
Veevoermaatskappye maak hoofsaaklik gebruik van alternatiewe fosfaat-bronne in anorganiese vorm soos dikalsiumfosfaat (DCP) of monokalsiumfosfaat (MCP), ook genoem P21.
MCP het die hoogste fosforinhoud volgens gewig, en beenmeel die laagste.
Die hoë biobeskikbaarheid (80%) en optimale fosforkonsentrasie van MCP bied verhoogde buigsaamheid in veevoer-formulering en lewer verbeterde diereprestasie.
Hiermee ‘n opsommende tabel van die gemiddelde kalsium- en fosforinhoud asook biobeskikbaarheid van bespreekte fosfaatbronne:
Fosfaatbron | Kalsium (Ca) (%) | Ca-biobeskikbaarheid (%) | Fosfor (P) (%) | P-biobeskikbaarheid (%) |
Beenmeel (gestoom) | 30 | 95 | 12 | 65% |
Dikalsiumfosfaat (DCP) | 21 | 94 | 19 | 75% |
Monokalsiumfosfaat (MCP – P21) | 16 | 95 | 21 | 80% |
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag