Kundiges
Soek in kundiges
Oulandsgras se voedingswaarde in vergelyking met ander grasse
Ek is in die proses om met Kalahari Red-bokke te begin boer. Ons het ’n paar hektaar onder oulandsgras wat gebaal word vir die winter. Ons het ook natuurlike weiding vir die somer. Hoe vergelyk oulandsgras se voedingswaarde teen ander grassoorte? Is dit dalk beter om die oulandsgras met lusern te ruil? Ek het gehoor dat bokke en skape nie op lucsrn kan wei nie maar hoe meer ek oor dit lees lyk moontlik verkeerd. Ek wil ook graag weet hoe verskil voermengsels in die somer teenoor die winter as mens wel iets soos oulandsbale het deur die winter?
Oulandsgras (Eragrostis spp.) se voedingswaarde kan redelik verskil as gevolg van grondtipe, besproeiing of nie en bemesting of nie.
Hier is ‘n aanduiding van verwagte voedingswaardes van oulandsgrashooi en lusernhooi:
Lusernweiding is ’n baie goeie ruvoerbron mits dit reg bestuur word.
Hiermee ’n paar punte oor die beweiding van lusern:
Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
Oulandsgras | Proteïen | Energie (TDN) | Ruvesel |
Swak | 4% | 42% | 36% |
Medium | 6% | 47% | 34% |
Goed (tipiese Tef) | 8-10% | 55% | 32% |
Gemiddelde lusern | 15% | 55% | 30% |
• 6-7 benuttings van 3 ton droë materiaal elk/ha, afhangende van grondtipe en water;
• Benutting van materiaal is slegs 70-80% met beweiding;
• Herfsplantdatum lewer 20-30% meer produksie as lenteplantdatum wat oorspoel na die volgende seisoen;
• Skape kan luserngrond erg kompakteer, maar as hoë drukbeweiding (skuif daagliks) toegepas word is dit nie ’n probleem nie. Indien kompaksie erg raak gee ligte skottelbewerking (plante kry seer, maar produksie tel gou weer op teenoor ’n land met geen bewerking)
Opblaas
Groter risiko by bulk-vreters soos beeste, skaaprasse soos Dormers en Vleismerinos;
• Selektiewe-vreters soos Merinos het ’n baie lae tot geen opblaasrisiko;
• Basiese beginsel is om honger diere weg te hou – moet stelselmatig aanpas;
• Opblaasrisiko is gekoppel aan blaar-stingelverhouding, waar die risiko verhoog met meer blare;
• Tydens lente en herfs is daar die meeste blaargroei en gevolglik die hoogste risko vir opblaas;
• Dit is nie konkreet dat koue, droogte, bergwind ens. die risiko van opblaas verhoog nie (baie variasie);
• Risiko vir opblaas mag laer wees by jonger diere as by ouer diere (omdat hulle meer selektief vreet);
Die punt is dat opblaas eintlik ongeken by skape is – die groot risiko lê by beeste wat bulkvreters (nie-selektief) is.
Aanpassing (beperkte weityd) is baie belangrik en maak seker diere gaan nie honger op die lusernlande nie.
Voeraanvullings:
Tydens wintermaande wanneer oulandsgrasbale gevoer word is ’n proteïenlek ideal.
Tydens sommermaande op oulandsgras is ’n mineraallek (Voermol Rumevite 12P mengsels) vir onderhoud of ’n produksielek (Voermol Maxiwol reeks) vir produserende diere belangrik.
Op lusernweiding word Voermol Molovite (V7266) aanbeveel omdat dit slegs natuurlike proteïenbronne bevat (geen NPN), hoog in energie is en ionofore bevat wat help om proteïenopblaas te beperk.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.35
-0.1%
Rand - Pond
19.79
-0.2%
Rand - Euro
17.05
-0.3%
Rand - Aus dollar
11.23
-1.0%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,808.82
-0.1%
Silwer
19.98
+0.4%
Palladium
1,934.00
-1.6%
Platinum
887.00
-0.6%
Brent-ruolie
111.63
+2.3%
Top-40
60,902
+2.1%
Alle aandele
67,025
+2.0%
Hulpbronne 10
63,634
+3.8%
Industriële 25
81,244
+1.2%
Finansiële 15
14,837
+1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag