Kundiges
Soek in kundiges
Raad oor verpilling van veevoer
Watter grootte voerpil word aanbeveel vir Boerbokke? Kan ek 'n bindmiddel byvoeg aangesien my pil nie behoorlik bind nie?
Vir kleinvee (skape en bokke) word 6 mm korrels in voerbakke aanbeveel en 8 mm wanneer dit direk op die grond of veld gevoer word. Melassestroop is ’n maklik bekombare bindmiddel vir voerkorrels. Die riglyn is 9% melassestroop of 12% melassemeel, mits daar nie ander melasse-gebaseerde konsentrate gebruik word nie. In die geval wanneer melasse-gebaseerde konsentrate wel ingesluit is, voeg slegs 3%-5% melassestroop of 40-80 kg melassemeel by. Die insluitingsvlakke van ander grondstowwe speel ook ’n groot rol. Hier is ‘n riglyn vir insluitingsvlakke van sekere grondstowwe om bros voerkorrels te vermy:
Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
Lussernhooi: 20%-40%
Mieliemeel: 20%-60%
Swak ruvoer: Maksimum 15%, minder as 10% is meer aanvaarbaar
Doppe of semel-byprodukte: 10%-15%
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag