Kundiges
Soek in kundiges
Voeding vir kalwers op melk en droë voer
Ek wil kalwers koop wat nog moet melk drink en dan grootmaak tot 190 kg met die doel om hulle dan te verkoop. Ek het nie weiding vir die kalwers nie, hulle gaan op kraal staan tot hulle verkoop word. Ek het gebaalde lusern en teff en ek kan dit ook maal. Tot op hoeveel weke moet ek ’n kalwer melk gee (en hoeveel melk per dag per kalf) voor ek hom kan begin droë voer gee.
As ek begin droë voer gee, hoeveel van wat en wanneer moet ek gee tot die kalwer se gewig reg is. Basies soek ek ’n soort voerplan met die soorte en hoeveelheid voer wat ek kan gebruik om die kalwer tot die regte gewig te bring.
Tradisionele kalfgrootmaakstelsel
Die kalf word geleer om uit ‘n emmer (met of sonder kunsspene) te drink. Melk kan aanvanklik naby ligaamstemperatuur aangebied word, indien moontlik. Daarna kan melk óf by liggaamstemperatuur óf koud aangebied word, maar nie afwisselend nie.
Die hoeveelheid melk word tot 10% van kalf se liggaamsgewig per dag beperk en word in twee voedings per dag verdeel. Kalwers word vanaf 14 dae ouderdom skoon hooi en growwe kragvoer gevoer. Kalwers word onder normale toestande tot op die ouderdom van 6 tot 8 weke gespeen.
Vroegspeenstelsel
Melk en melkneweprodukte kan in sekere omstandighede skaars en relatief duur wees, daarom moet die kalf so vroeg as moontlik van melk gespeen word.
Die volgende vroegspeenstelsel kan oorweeg word. Ná die kolostrumperiode word die kalf vir vyf tot ses dae biesmelk of volmelk uit ’n emmer teen 10% van kalf se liggaamsgewig per dag gevoer. Skakel dan oor na melksurrogaat teen dieselfde hoeveelhede, maar slegs een keer per dag. Kalwers moet altyd skoon drinkwater beskikbaar hê en droë kalfaanvangsmeel word teen dag agt aangebied. Daar behoort altyd vars meel in die krip te wees.
Die melkrantsoen word gehalveer na 25 dae en gestaak na ongeveer 30 dae mits die kalf reeds 700 tot 1000 g kalfaanvangsmeel kan inneem. Na speen word kalwers oorgeskuif na kalfgroeimeel tot 6 maande van ouderdom op weiding.
Hiermee volg Voermo- voorbeelde van kalfmele wat ad lib. gevoer word:
| Aanvangsmeel (18% ruproteïen) | Groeimeel (16% ruproteïen) |
Voermol SS200 (V) | - | 200 kg |
Voermol Molovite (V) | 100 kg | |
Voermol Procon 33 (V) | 350 kg | 100 kg |
Gemaalde mielies | 450 kg | 500 kg |
Gemaalde lusernhooi | 100 kg | 100 kg |
Gemaalde Tefhooi | - | 100 kg |
Voermol 12P | - | 5 kg |
Totaal | 1000 kg | 1005 kg |
Ek sal hou by die tradisonele kalfgrootmaakstelsel en op 6 tot 8 weke speen. Kalwers wat vir drie opeenvolgende dae kalfmeel teen 1% van liggaamsmassa (600 tot 900 gram per dag) vreet, is gereed om gespeen te word.
Dit neem ongeveer 21 dae om die rumenpapille te ontwikkel vanaf die aanvanklike tyd wat kalfmeel gevoer word. Hierdie ontwikkelingstyd is vanaf wanneer kalfmeel die eerste keer gevoer word, of dit nou op die ouderdom van twee dae of 20 dae is. Dit is waar bestuur 'n groot rol speel in die bepaling van rumenontwikkeling en speenouderdom van die kalf.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag