Kundiges
Soek in kundiges
Voedingsbehoefte van skape wat saans op kraal is
My skape wei in die dag op natuurlike veld en word saans gekraal. Die groep is gemeng en sluit droë-ooie, ooie met lammers en ramme in. Wat kan ek vir hulle saans op kraal gee?
Die voedingsbehoefte van ‘n dier word bepaal deur sy produksiestadium – lammerooie se behoefte is 2 tot 3 maal hoër as die van droë-ooie. Gevolglik is dit ideaal om diere volgens hul produksiestadium te groepeer en dienooreenkomstig te voer of aan te vul.
Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
Maar dit is nie altyd moontlik nie en dikwels word ‘n ‘ram, lam en ooi’ mengsel as middeweg oorweeg. So ‘n mengsel bevat gewoonlik 12-13% ru-proteien (met minder as 35% afkomstig vanaf NPN), 9 MJ metaboliseerbare energie/kg, meer as 12% ruvesel en gebalanseerde minerale, spoorminerale en vitamiene.
Dit is uiters belangrik dat so ‘n mengsel ook anioonsoute, soos ammoniumchloried, bevat om blaasstene by manlike diere te voorkom.
Hier is twee opsies:
Selfmeng
200 kg Voermol SS200 (V8592)
50 kg Voermol Procon 33 (V12701)
400 kg gemaalde mielies
250 kg gemaalde gras
80 kg Voermol Melassemeel (V1995)
Klaargemeng
Voermol Ram-, Lam- en Ooikorrels (V26842).
Voer daagliks teen 1% van liggaamsmassa as aanvulling op veld of ad libitum na goeie aanpassing as daar nie meer genoeg veld is nie.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag