Kundiges
Soek in kundiges
Raad vir ’n voerkraal met C-graadbeeste
Ek stoet met Boerbokke en wil graag ook ’n voerkraal met C-graad beeste begin. Wat sal ’n goeie mengsel vir voer met SB100 wees? Enige wenke vir algemene voerprogramme en bestuur? Hoe moet ek te werk gaan om ’n sukses van my planne te maak?
Die voer van C-grade is tans ‘n goeie opsie in terme van winsgewendheid en vinnige kontantvloei vir die volgende redes:
Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.
• Vleispryse vir A-, B- en C-graad is relatief naby aan mekaar (A- en C-grade kan soms met slegs R4/kg verskil);
• C-grade se staanperiode kan 40 tot 60 dae wees, teenoor A-grade wat gemiddeld 120 dae staan voor die diere slaggereed is;
• Aankoopprys van C-grade moet wel fyn dop gehou word, maar ons almal het al gehoor “gewig klop prys”.
Die bestuursprogram van C-grade is maklik en daar is twee tipe opsies van afronding:
1. Veldafronding waar slegs ’n kragvoer (20% Voermol SB100 en 80% mieliemeel) ad lib. gevoer word. Koeie kry hulle ruvoer vanaf die veld.
2. Voerkraalafronding
• Benodig kraalspasie van 15-20 vierkante meter per koei.
• Benodig vreetspasie van 20-30 cm per koei.
• Die kraal moet ’n helling hê, met die voerbakke bo en waterbak onder.
Voer die volgende volledige voerkraalmengsel vir C-grade:
150 kg Voermol SB100
630 kg mieliemeel
40 kg Voermol Melassemeel
80 kg gemaalde grashooi
Voer ad lib. Voer addisionele ruvoer apart vir die eerste 10 dae van aanpassing.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag