Kundiges
Soek in kundiges
Voermengsel vir kalwers se ‘backgrounding’
Ons het onlangs begin om kalwers aan te koop, te voer en weer te verkoop. Ons probeer om op 150kg te koop, die diere op kraal te laat staan met voer en hulle na 250kg te neem, waarná ons na drie maande verkoop aan die voerkrale. Op die oomblik word die voer voorsien deur die boer waarby ons huur en kan ek nie te seker wees wat die presiese inhoud van die voer is nie.
Ek wil graag ons eie voer gebruik, maar ek het geen idee van wat nodig is nie. Watter voermengsel stel jy voor? Hoeveel voer moet elke kalwer per dag kry? Wat is die verwagte groei per dag per dier? Gemiddeld hoeveel maande oud is ’n dier op 150kg? Wat is die beste rasse vir hierdie tipe model?
Die verlenging van die kalf se groeifase ná speen en voordat die kalf die voerkraalomgewing betree staan bekend as “backgrounding”. In hierdie stelsel groei kalwers daagliks teen 500-1200 g/dag (gemiddeld is rondom 1 kg/dag) afhangend van die seisoen (kalwers groei stadiger in die koue maande), ruvoerkwaliteit, tipe aanvulling en ander dierlike faktore (kalfkwaliteit, gewig, inname, siektes).
Voordele van hierdie stelsel sluit die volgende in:
Die kalf word inherent goedkoper gemaak voor die voerkraalfase, omdat weiding ‘n goedkoop voeropsie is;
Raam- en spierontwikkelling in plaas van vetmesting vind plaas;
‘n Swaarder kalf kan tot gevolg gevoer word sonder dat dit te vet in die voerkraal word;
Kalwers pas makliker in die voerkraal aan en is minder vatbaar vir voerkraalverwante siektes.
Die tipe aanvulling is gekoppel aan die beskikbare ruvoerkwaliteit, hetsy weiding of hooi.
Die volgende klaargemengde Voermol-opsies is beskikbaar:
Op bemesde groenvoer word Voermol Molovite (V7266) teen 0,8-1,2 kg/kalf/dag aanbeveel, omdat dit tipiese energie-, deurvloeiproteïen- en mineraaltekorte wat op hierdie weiding voorkom aanspreek (verwagte GDT 1-1,2 kg/dag).
Op onbemesde groenvoer of groen veld word Voermol Supermol (V7267) teen 0,8-1,2 kg/kalf/dag aanbeveel (verwagte GDT 0,8-1,2 kg/dag).
Op droë veld word Voermol Produksielek (V10108) teen 1,2-1,6 kg/kalf/dag aanbeveel (verwagte GDT 0.6-1 kg/dag).
Selfmeng-opsie lyk soos volg:
200 kg Voermol SB100 (V4498)
50 kg Voermol Procon 33 (V12701)
80 kg Voermol Melassemeel (V1995)
670 kg gemaalde mielies of hominy chop
Voer daagliks teen 1% tot 2% van liggaamsmassa afhangend van teiken GDT.
Bogenoemde mengsel se spesifikasies is as volg:
Voginhoud (g/kg) maks | 130 |
Ruproteieninhoud (g/kg) min | 130 |
% afkomstig vanaf NPN (min) | 36.8 |
Energie (MJ ME/ kg) min | 11.2 |
Fosfor (g/kg) min | 3.5 |
Kalsium (g/kg) maks | 5.3 |
Gemiddelde speengewig van kalwers by 7 maande ouderdom is 180-220 kg. Dit is moeilik om presies te kan sê wat die ouderdom van ‘n 150 kg kalf is, want voeding- en gesonheidomstandighede van beide die koei en kalf speel ‘n rol, asook die ras.
As dit ‘n vleistipe-ras is kan die kalf 4-5 maande oud wees of as dit ‘n suiweltipe-ras is kan die kalf 6-8 maande oud wees. Enige vleistipe-ras van middel raamgrootte sal die beter opsie wees as dit kom by ‘backgrounding’ van kalwers.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag