Grondboontjiehooi is ān goeie peulgewashooi in vergelyking met grashooi, maar swakker as lusernhooi in terme van proteĆÆeninhoud en verteerbaarheid. Die proteĆÆeninhoud van grondboontjiehooi wissel tussen 8% en 12% afhangend van die hoeveelheid peule wat na stroop agter bly. Die volgende mengsels kan as volledige voer op kraal gebruik word:
| Voerkraallammers | Droƫ diere gemeng | Produserende ooie |
Voermol SS200 (V8592) | 200 kg | 150 kg | - |
Voermol Maxiwol Konsentraat (V4985) | - | - | 200 kg |
Voermol Procon 33 (V12701) | 50 kg | - | 50 kg |
Voermol Melassemeel (V1995) | 40 kg | 80 kg | 40 kg |
Gemaalde mielies | 560 kg | 370 kg | 360 kg |
Gemaalde grondboontjiehooi (10%) | 150 kg | 400 kg | 350 kg |
Totaal | 1000 kg | 1000 kg | 1000 kg |
Bogenoemde mengsels sal almal verpilbaar wees. Speel net met die melassemeel en mielie-insluiting rond, want elke verpilmasjien is anders.
Geantwoord deur dr. Josef van Wyngaard, tegniese bestuurder by Voermol Voere.