AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08
Kundiges
Vraag

24 Okt. 2018

Kies tussen lusern of aangeplante weiding
Hier is my boerdery se besonderhede: Ek het 20 000l/h water tot my beskikking. Die water se Cl is hoog, naamlik 281mg/L. Grond: Kleigrond, Ph van 6.7 Besproeiingsmetode: Ondergrondse drippers Jaarlikse reenval: 200 - 250mm (Noord-Kaap) Ek wil graag een van drie opsies oorweeg. Opsie 1: Plant 10ha lusern, baal en verkoop. Opsie 2: Plant 10ha lusern, baal dit en voer alles self uit om sodoende 200 - 250 meer ooie aan te hou. Opsie 3: Plant 10ha aangeplante weiding en boer intensie met 500 skape intensief (skape loop net van lam tot volgende dekking op weiding (3maande) en daarna op natuurlike weiding. Belading dus 25:1ha) Volgens die kontantvloei wat ek opgestel het, lyk dit of die derde opsie die mees winsgewende opsie kan wees. Tog volg die boere in my omgewing oorwegend die eerste opsie. My vraag is dus: Wat is fout met intensiewe skaapboerdery op aangeplante weiding? Is dit werklik meer arbeidsintensief as lusern sny, hark, baal, pak en verkoop of uitvoer?
Antwoord 7 900 keer gelees
Kundige
Finansies

24 Okt. 2018

Eerstens is jou 10 ha lusern ‘n klein goudmyn. Die Amerikaners noem dit Alfalfa en dit is afgelei van Alpha Alpha, met ander woorde die alpha van alle top weidingsgewasse. Ek kan glo dat daar mense in jou omgewing is wat die eerste opsie volg, want vir min moeite gaan jy ‘n paar rand uit hierdie opsie kan maak. 

Ek is van mening dat mense in ‘n spesifieke omgewing oor tyd reeds vasgestel het wat werk en wat nie werk nie en dat mens nie sonder meer kan sê die eerste opsie is minder winsgewend nie. Aan die ander kant is vleispryse, veral lampryse, tans baie hoog en kan jy vir bietjie meer moeite beslis na ‘n intensiewe skaapstelsel ook kyk, hetsy om hulle die lusern as droë materiaal in ‘n voerkraal te voer of om dan die hele stelsel na ‘n groenvoerstelsel om te skakel.  

Lusern se vestigingskoste beloop ongeveer R4800/ha, afhangende van die saaddigtheid. Die produksiekoste (kunsmis en uitstrooi) beloop R1800/ha terwyl die sny, hark en baal ongeveer R1100/ha beloop. Lusernbale se pryse wissel baie, afhangende van watter tyd jy dit bemark en hoe die omstandighede lyk. In droogtes behaal dit hoë pryse. 

Ek is nie seker wat die prys nou is nie en hoeveel bale jy in jou omgewing kan oes nie. Die vestigingskoste van gemengde groenvoer beloop ongeveer R1600/ha en saam met indirekte koste kan jy op R3300/ha vir uitgawes werk. Onder besproeiing behoort jy ten minste 200 kg/ha se vleis daarop te kan produseer. Teen R40/kg kan jy teoreties dus R4700/ha se wins met ‘n groenvoerstelsel behaal. 

Hou net in gedagte dat jy jou voervloei so sal moet beplan om vir jou droë ooie ook voorsiening te kan maak. Jy sal dus nie net vleis op die groenvoer kan produseer nie. Jy moet ooie ook onderhou. Syfers is geduldig. So, maak maar jou somme deeglik. Bogenoemde is slegs riglyne. 

* Geskryf op 19 Februarie 2018 deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem. 19 Februarie 2017
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot