AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66
Kundiges
Vraag

17 Jan.

Verbeter die wins in varkboerdery

Ek het ou varkhokke gerestoureer op my plaas en wil hulle nou gebruik. Die wins lyk egter bitter min. Soos ek my somme maak, eet ’n vark 250kg groeimeel. Dit is 6,25 sakke voer teen R275,68 tot op ’n gewig van 110kg en 23 weke oud. Sowat 75% van die totale gewig kom dan op 82kg wat uitgeslag word.

Die slagplaas bied my R28,50 per/kg aan. Dus kos die groeimeel R1723, die varkie kos R350 en die totaal is R2073 se uitgawe.

82kgxR28,50 per/kg is R2337.

R2337 minus R2073 is R264 wins.

Is daar ’n manier hoe ek die wins kan verhoog?

Antwoord 91 keer gelees
Kundige
Finansies

22 Feb.

Dit is welbekend dat die insetkoste vir meeste intensiewe veebedrywe tans baie hoog is. Om in vandag se mark nog die prys van R28,50 per kg varkvleis te kan kry, is baie goed. Die varkbedryf los gewoonlik min ruimte om wins te maak. 


Met die huidige grondstofpryse en die varkprys maak dit gewoonlik nie sin nie. Dis ook belangrik om te weet dat voerkostes omtrent 70% van jou uitgawes op ’n varkplaas opmaak. Arbeid, brandstof, medisyne, elektrisiteit, instandhouding, ensovoorts moet ook in berekening gebring word. Dit behels die ander 30%. 

Deur jou eie rantsoen te meng, kan jy geld spaar op jou voerkostes, mits jy topgehalte grondstowwe teen goeie pryse kan aankoop. Afhangend van die aankoopprys kan ’n goeie groeirantsoen jou tussen R5 500 tot R5 900 per ton kos. Onthou dat daar ook arbeid en ander mengkostes in ag geneem moet word. 

Die aangekoopte sakprys kan jou tussen R6 500 en R6 900 per ton kos. Moet net nie die fout maak deur grondstowwe van ‘n swak kwaliteit te koop nie. Hoewel dit goedkoper mag lyk op papier, sal jy baie beboet word in jou varke se groei en voeromsetvermoë. 

Uiteindelik gaan varkboerdery oor getalle. Jy moet so effektief as moontlik boer en kompeterend wees met ander boere. Dit beteken jy moet meer varke produseer met dieselfde hoeveelheid sôe en jou dae op voer moet verminder met dieselfde karkasgewig. 

Varke eet omtrent 3% van hulle lewendige massa per dag en hulle gebruik omtrent 43% van hulle daaglikse inname vir instandhouding. Dit is baie belangrik om laasgenoemde stelling te onthou. Vir elke dag wat hulle langer op die plaas bly, word 43% van die kos wat hulle ingeneem het, gebruik om hulle in stand te hou. 

Moderne varkgenetika benodig vaartbelynde, gebalanseerde diëte. Dit is nie net die proteïen- en energiewaardes van die rantsoen wat belangrik is nie, maar ook makro- en mikro-elemente wat ‘n belangrike rol speel in die optimale groei van die diere. 

Met goeie rantsoene en goeie genetika kan 77% uitslagpersentasies behaal word. Daar is verder ook groeistimulante wat in die rantsoene gebruik kan word. Kundiges moet jou kan inlig oor die voordele of nadele en kostes van die middels. 

Die omgewing waarin die vark groei, is net so belangrik. Droë vloere, watervoorsiening, goeie voerbakke en plafonne is van kardinale belang. Moet ook nooit bestuur afskeep nie. ‘n Goeie “stockman” is goud werd op ‘n varkplaas! 

Geskryf deur dr. Christo Fick (christo@agrifarmacysa.co.za) en bygestaan deur dr. Pieter Grimbeek (pigvet@agrifarmacysa.co.za).

Philip Theunissen bied sy perspektief. 

Ek het jou navraag met 'n bestaande groot vrakboer bespreek. Ek is bevrees die som lyk in werklikheid nog slegter. Kom ons val sommer met die ergste deur in die huis: Pryse het in Januarie afgekom en is tans ongeveer R23.00/kg en nie R28.50 nie, tensy jy reeds 'n koper vir dié prys het. Hy verkoop klein varkies van 7 kg vir R600 stuk wat dus ook meer is as die R350 waarvoor jy dit kan kry.

Sulke jong varkies moet ook eers speenmeel gevoer word wat duurder is as die groeimeel. Jy gaan eers 6kg se ASA 1 teen R8/kg gebruik en dan 27kg se speenkorrels teen R6.80/kg. Daarna gaan jy 228kg se groeimeel gebruik teen R5.50/kg. Jou som op die groeimeel is ook nie heeltemal korrek nie want 6.25 sakke is 312.5 kg en nie 250 kg nie. Alles in aggenome gaan jou wins R29/vark wees maar dan moet jy nog voorsiening maak vir medisyne, arbeid en elektrisiteit en jy moet ook 1.5% se vrektes inwerk by jou uiteindelike verkope.

Philip Theunissen is ’n forensiese rekenmeester van Bethlehem en ’n deeltydse boer.

Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Vriende, kuier en wie weet vorentoe
Ek is vriendelik, hou van grappies maak en speel aanlyn games. Behoort aan n tennis klub en geniet series en flieks te kyk. Soek graag iemand om mee saam dit als te doen en saam...
Vertel my van jou..!!
Hallo. Ek is n mamma van n tweeling van 20jr. Nou tweedle jaar op Tuks. Bly alleen. Soek graag n maat vir geselskap!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot