Kundiges
Soek in kundiges
Wanneer is geld leen die antwoord vir kontantvloeiprobleme?
Ek het so drie jaar terug 'n plaas van sowat 900ha in Namakwaland vir R1,6m kontant gekoop. Die droogte begin nou kwaai druk en alle spaargeldjies is lankal op. Ek het my skape minder gemaak om kostes van voeraankope te verlaag en het tans maar so 60 skape. My vrou se onderwyssalaris ondersteun ons tot dusver. Kan ek 'n verband teen my grond neem? Ek het ook nog voertuigskuld en ander lenings. Ek wil die verband ook gebruik om nog vee aan te koop en met presisieboerdery te begin.
Boerderye ondervind soms ‘n tekort aan kontant en die boer kom dit eers agter wanneer hy nie sy onmiddelike verpligtinge kan nakom nie. Dit kan die gevolg van ‘n korttermyn probleem wees soos ‘n eenmalige swak oes maar dit kan ook voortspruit uit ‘n ernstige onderliggende probleem binne die boerdery wat die kontantreserwe oor die lang termyn gaan affekteer.
Die boer moet homself dadelik die volgende vrae afvra:
Het die tekort aan kontant die potensiaal om die boerdery se ondergang te veroorsaak?
Gaan die huidige tekort aan kontant voortduur of gaan dit binnekort herstel?
As dit gaan voortduur, hoe ernstig gaan die tekort aan kontant wees?
Wat is die oorsake van die tekort aan kontant?
Watter stappe kan geneem word om die probleem reg te stel?
Boerderye met ‘n hoë solvabiliteit kan gewoonlik ‘n tydelike kontanttekort weerstaan omdat daar bates is wat te gelde gemaak kan word of omdat bedryfskapitaal teen die sekuriteit van vaste bates geleen kan word. In jou geval kan dit dus wees dat jy jou onmiddelike kontantvloei met ‘n verband op die grond kan regstel, mits dit sal help om die boerdery op ‘n herstelpad te plaas.
* Geskryf deur dr. Philip Theunissen, landbou-ekonoom en forensiese rekenmeester van Computus, Bethlehem.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag