Kundiges
Soek in kundiges
Watter riglyn kan jy volg om verhuringswaarde van grond te bepaal?
Ek is tans besig om my ouers by te staan met hul verhuringskontrak op hulle plaas naby Aliwal-Noord. In 'n vorige artikel verwys u daarna dat verhuring bereken moet word teen drie tot vyf present van die markwaarde vir landerye en twee tot drie present vir weiding. Is dié riglyn steeds van toepassing? Die plaas se lande is onder spilpunt besproeing langs die Oranjerivier en die weiveld is se gehalte is gemiddeld.
Die rasionaal agter hierdie riglyn is dat as jy as verhuurder die grond verkoop en by die bank op ’n geldmarkfonds gaan belê behoort die rente wat jy verdien ten minste dieselfde as die huurinkomste te wees.
Teen huidige omstandighede en rentekoerse sal ek dit vir lande én weiding eerder tussen 5-10% van die markwaarde maak. Weer eens, dis net ‘n riglyn. Vraag en aanbod speel ook ’n rol. Dit kan wees dat twee huurders graag dieselfde grond wil huur en dan sal die een dalk meer aanbied as die ander.
Dit sal ook afhang wat die huurder op die grond wil doen.
Sekere produkte lewer ’n hoër wins as ander en dit is juis die meganisme van die vrye mark, naamlik dat een aanbieder ’n hoër verwagting van die potensiële wins van die gehuurde grond as ’n ander het, en dus meer sal aanbied.
Die finale toets is steeds of jy as verhuurder beter met jou huurinkomste vaar eerder as om die grond te verkoop en die geld by die bank te gaan belê.
* Geskryf deur dr. Philip Theunissen van Computus Bestuursburo, Bethlehem.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag