AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69
Kundiges
Vraag

20 Apr. 2018

Bereken water en stikstof se doeltreffendheid by mielies
Ek wil graag weet of daar norme beskikbaar is om my mielie-opbrengste teen te meet m.b.t. hoeveelheid graan geproduseer per mm reenval en kg graan per kg N toegedien? My lande het gemiddeld 15-25% klei en ons is op die grens tussen Gauteng en Mpumalanga. Grondvorms sluit diep Hutton, Clovelley, vlakker Wesleigh en Glenrosa in. Chemiese ontledings word jaarliks op 1/3 van die lande gedoen waarna veranderlike regstellings gedoen word. Die meerderheid van die aanplantings is van kultivars in die medium groeiklas. Jacob Van Der Westhuizen
Antwoord 212 keer gelees
Kundige
Grondghoeroe

15 Jun. 2018

Die doeltreffendheid van waterverbruik, of in dié geval, van reënval, kan as volg bereken word: Gebruik die totale massa graan geproduseer in (kg/ha) en deel dit met die reënval wat vanaf plant tot oes geval het. Dit gee ’n baie rowwe benadering. Die probleem is dat die hoeveelheid water in die grondprofiel dié som bemoeilik. Indien die profiel nat was tydens planttyd en dalk nog ook ’n watertafel bevat, kan dit heeltemal ’n skewe antwoord gee.

’n Baie goeie waterverbruikdoeltreffendheid (WVD) sal dan verkry word indien dit min deur die seisoen gereën het. Die omgekeerde is ook waar: Indien daar met ’n droë grondprofiel begin word en dit baie gereën het. Al die reën wat val is egter ook nie ewe effektief nie. Dus moet ’n mens weet wat die doeltreffende reënval is. Die verspreiding van reënval, met ander woorde hoe lank uit mekaar die reën val, teen watter tempo het die reën geval en die grootte van die indiwiduele buie reën, bepaal die effektiwiteit. Nou sit ons met ’n hele klomp onbekende faktore.

Om te help stel ek die volgende voor: Indien daar nie sigbare afloop voorgekom het wat die lande verspoel nie, kan die bui reën as effektief beskou word. Indien die grond reeds nat was en ’n harde bui reën val met sigbare tekens van afloop, gebruik dan net 50% van die grootte van die reënbui. Indien daar nie opvolgreën binne 7 dae van ’n reënbui voorgekom het nie en die reën deur warmte gevolg is, trek dan 15 mm van die reënbui af.

As die laasgenoemde bui reën kleiner as 15 mm is, teken dan ’n nul aan. Deur al die buie reën so bymekaar te tel kan daar by ’n beter totale reënvalsyfer uitgekom word. Gebruik die syfer om die WVD te bepaal. ’n Meer akkurate syfer kan verkry word deur met plant en net ná oes die waterinhoud van die grond te bepaal. As u die metode hiervoor soek sal ek kan help.

Die berekening van stikstofverbruikdoeltreffendheid is egter nie so eenvoudig nie aangesien die hoeveelheid en verspreiding van effektiewe reënval dit gaan beïnvloed. Onder navorsingstoestande is dit wel al baie bereken maar dan moet ’n mens weet hoeveel stikstof (N) daar in die grond was voor plant, hoeveel deur die seisoen geloog het en hoeveel deur die reën bygevoeg is. Die bydrae van N vanaf reënval in die omgewing waar u boer kan moontlik tot soveel as 10 kg N/ha per jaar wees. Vir interresantheid, vang reënval op, stoor die monster in ’n yskas totdat u dit deur ’n laboratorium kan laat ontleed. Ek is bewus van gevalle waar daar tot 20 kg N/ha in reënwater aanwesig was.

* Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde. Universiteit Stellenbosch. (Die wetenskap wat landbouproduksie beïnvloed)
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.34
+0.7%
Rand - Pond
21.11
+0.8%
Rand - Euro
18.22
+0.5%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.3%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,773.81
+0.3%
Silwer
22.47
+1.0%
Palladium
1,871.50
-0.3%
Platinum
994.00
-0.6%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,441
-0.2%
Alle aandele
74,575
-0.2%
Hulpbronne 10
73,675
-1.5%
Industriële 25
91,513
+0.0%
Finansiële 15
15,801
+1.3%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot