Kundiges
Soek in kundiges
Bitter suurlemoene
My suurlemoene is bitter soos pomelo’s. Wat kan ek die bome gee om hulle suurder te maak in plaas van bitter. Ek bly op Debennin in die Noord Kaap. Die grond is baie kalkerig en word besproei met boorgat water wat ook hard is.
Ek neem aan uit die inlingting wat jy verskaf het dat die pH van jou grond hoog, groter as pH 6.5 is (baie kalk en water hard). Ek sal beslis probeer om die grond meer aan die laer pH kant (< pH 6) te kry.
Werk twee koppies blomswawel per vierkante meter so 20 cm diep in die grond in. Probeer die blomswawel so goed as moontlik met die grond te vermeng.
Ammoniumsulfaatkunsmis teen 25 g/m2 kan ook help. Moet nie altwee gelyktydig toedien nie. Dien eers die ammoniumsulfaatkunsmis toe en as daar geen reaksie is nie, gebruik dan die blomswawel.
As die blare aan die gelerige kant is, kan 'n blaarbespuiting van ysterchelate moontlik help, maar om die aanbeveling te maak benodig ek 'n blaarontleding.
*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, hoof van die departement grondkunde aan die Universiteit Stellenbosch.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.47
-2.2%
Rand - Pond
21.05
+0.1%
Rand - Euro
18.91
-0.2%
Rand - Aus dollar
12.09
+0.1%
Rand - Jen
0.13
+0.1%
Platinum
974.02
-5.0%
Palladium
1,623.95
-2.8%
Goud
1,865.16
0.0%
Silwer
22.35
0.0%
Brent-ruolie
79.94
-2.8%
Top-40
74,082
+0.6%
Alle aandele
80,241
+0.6%
Hulpbronne 10
75,186
+0.7%
Industriële 25
103,461
+0.8%
Finansiële 15
16,550
0.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag