Kundiges
Soek in kundiges
Hoe gemaak met een jaar oue suurlemoenbome wat wil vrek?
Ons het 10 Genoa suurlemoenbome geplant in Heidelberg, Gauteng. Met die winter op hande het die blare opgekrul en dood. Ons het die boompies bedek met beskerming, maar dit lyk nie of dit gehelp het nie. Sal ons die boompies kan red en hoe?
Inspekteer die lote waarvan die blare doodgeryp het. As dit nog groen is met `n dooie punt, snoei die dooie punt af. Seel die snoeiwond met ’n geskikte middel wat u by ’n kwekery kan koop.
Die boompies behoort weer in die lente uit te loop. Moet nie bome oormatig nat maak nie, aangesien die boompie dan gaan versuip. Grawe ’n gat naby die wortels om seker te maak dat daar nie vrywater in die grond is en die boompies se blare daarom verkleur en afgeval het nie.
Indien vrywater binne 60cm van die oppervlak af voorkom, grawe ’n dreineersloot om die oortollige water weg te lei.
*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag