Kundiges
Soek in kundiges
Hoekom is my vye binne droog?
Hoekom sal ons vye al vir drie jaar in 'n ry droog bly in die binnekant? Hulle kry gereeld water, maar hulle staan in sanderige grond in die son. Kan dit die hitte wees of dat die grond vinnig uitgeloog word van voedingstowwe? Ons bly buite Polokwane in Limpopo op 'n plot.
Vye wat droog is aan die binnekant is as gevolg van droeë toestande tydens rypwording of as dit baie warm is. Ek vermoed dat die sandgrond waarin die vye geplant is te vinnig uitdroog.
Verhoog die waterhouvermoeë van die grond deur baie kompos in te werk of benat die vye meer gereeld. 'n Deklaag van strooi, of iets wat die grond teen uitdroging beskerm, kan ook baie help.
Wanneer die grond natgemaak word, maak seker dat genoeg water gegee word. Die grond moet minstens tot 50cm diep benat word.
Vermy oormatige stikstofbemesting wanneer die vye begin ryp word.
Gebruik KAN-kunsmis tydens en net na blom. Dien sowat 300 gram voor blom en direk na blom per boom toe.
Nog 'n moontlike rede vir die droeë vye is dat u 'n mannetjiesplant het (dit is nou as daar nie nog ander vye naby is nie) en die plant nie kruisbestuif word nie. Plant nog 'n boom en maak seker dat die kwekery 'n "wyfie-boom" verkoop. Dié raad kom van 'n ou vyekenner en ek weet nie hoe waar dit is nie.
*Geskryf deur dr. Eduard Hoffman, voorsitter: Grondkunde, Universiteit Stellenbosch.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.61
+1.0%
Rand - Pond
20.07
+0.9%
Rand - Euro
16.94
+0.8%
Rand - Aus dollar
11.60
-0.1%
Rand - Jen
0.12
+1.0%
Goud
1,788.72
+0.8%
Silwer
20.65
+3.8%
Palladium
2,244.50
+5.4%
Platinum
944.50
+0.8%
Brent-ruolie
94.92
+0.8%
Top-40
63,771
+1.0%
Alle aandele
70,266
+1.1%
Hulpbronne 10
65,045
+1.5%
Industriële 25
85,829
+1.1%
Finansiële 15
15,741
+0.4%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag