Kundiges
Soek in kundiges
Kan kamele gebruik word om kaktus-soorte te beheer?
Kaktus kom wyd voor oor my hele plaas. Wat sou die beste metode van bestryding wees sonder dat weiding gekontamineer word? Sou kamele ’n opsie wees om aan te hou – ek verneem die diere vreet die turksvye met dorings en al.
Kaktusplante, insluitend die turksvy (Opuntia ficus-indica), is tipies van doringagtige soorte plante wat oorspronklik afkomstig is uit die semi-ariede en woestyndele van die Suid-Amerikaanse kontinent. Die turksvy behoort tot die Cactaceae-familie.
Die eetbare soorte onder hulle, waarvan die turksvy die bekendste is, het duisende jare gelede reeds oor die wêreld heen versprei. Die turksvy bestaan uit tot 90% water, en is hoog aan vitamiene A en C, asook suikers. Die stikstof- en proteïen-inhoud is egter aan die lae kant.
Verskeie kaktussoorte het probleemstatus in Suid-Afrika bereik weens oormatige verdigting wat gewensde weiding verdring en toegang van mens en dier tot sulke besmette areas beperk.
Benewens die gewone turksvy is ander voorbeelde: Cereus jamacara (nagblom), Harrisia jamacara (toukaktus), Opuntia aurantiaca (litjieskaktus), Opuntia imbricata (kabelturksvy).
Kamele is van die diere wat kaktusplante kan vreet omdat hul monde spesiale aanpassing het om doringagte plantmateriaal te hanteer.
Soos hierbo genoem is, is kaktusplante voedsaam en het dit hoë waterinhoud wat oorlewing in droogte kan beteken. Die kladodes (‘blare’ of ‘blaaie’) word aan vee gevoer in tye van droogte nadat die dorings afgebrand is. Proteïen-aanvulling behoort gedoen te word omdat kaktusplante se proteïen-inhoud laag is.
Opuntia-soorte soos die turksvy is nie toksies as sulks nie, maar dit bevat hoë konsentrasies water-oplosbare oksaalsuur, wat die dood van mens en dier kan veroorsaak indien hoë hoeveelhede ingeneem word. Plante moet meer as 10% oksaalsuur op ’n droëmassa-basis bevat om skadelik vir mens en dier te wees.
Ander plantsoorte met hoë oksaalsuur-inhoud sluit in Portulacaria afra (spekboom), Amaranthus-soorte (‘marog’), vygies en spinasie. Simptome van vergiftiging is maagpyn, vomering en verlamming van die senustelsel.
Die woorde van die 16de eeuse wysgeer Paracelcus het hier betrekking: “Gif is in alles, niks is sonder gif nie; die verskil tussen voeding of geneesmiddel en gif is die dosis”.
Diere, ingesluit kamele, sal vergiftig word indien hulle vir té lank aan té veel plantmateriaal met hoë oksaalsuur-inhoud blootgestel word.
Prof. Charlie Reinhardt is verbonde aan die Noordwes-Universiteit en is navorsingsleier van die Suid-Afrikaanse inisiatief vir onkruiddoderweerstand (SAHRI) aan die Universiteit van Pretoria.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag