Kundiges
Soek in kundiges
Pom-pom-plante neem die wêreld oor
Dit is opmerklik dat die pienk blomme van die pom-pom-plant die Rietvleinutuurreservaat en omliggende veld oorneem. Vertel my meer van hierdie indringerplant.
Die Pom-pom-bossie se wetenskaplike naam is Campuloclinium macrocephalum. Kyk hier na foto's.
Blykbaar is hierdie uitheemse indringerplant,oorspronklik van Suid-Amerika, die eerste keer in die 1970s in die Suid-Afrika opgemerk in die omgewing van die Voortrekkermonument in Pretoria.
Klaarblyklik was storting van tuinafval wat sade van hierdie plant bevat het, die begin was, van 'n enorme probleem wat tans wyd in die subtropiese dele van die land waar reënval relatief hoog is, soos 'n veldbrand versprei.
Hierdie kruidagtige plant wat skaars 50 cm hoog groei, neem veral grasveld oor waar dit so sterk kompeterend met grassoorte en ander kruidagtiges is, dat dit kort voor lank 'n area kan domineer.
Die pienk plate blomme van digte stande pom-pom by Rietvleidam natuurreservaat is elke jaar welliswaar 'n aanskoulike gesig vir Pretorianers. In werklikheid is dit die tragiese gevolg van 'n uitheemse indringerplant wat gedy ten koste van nuttige plantsoorte.
Pom-pom word nie in noemenswaardige mate deur diere bewei nie en dit, tesame met 'n groot ondergrondse stingelmassa en duisende sade per plant wat tientalle kilometers deur wind gedra kan word, bevorder oorlewing, verspreiding en aanwas daarvan onder toestande wat ander, gewensde plante se getalle en groei inperk, soos byvoorbeeld beweiding en veldbrande.
Pom-pom bossie bied ook sterk weerstand teen onkruiddoders maar daar is wel verskeie middels vir beheer geregistreer, naamlik: pikloram, fluroksipir en metsulfuron-metiel (hierdie onkruiddoders is die aktiewe bestanddele in 'n verskeidenheid van onkruiddoderprodukte wat deur verskeie maatskappye bemark word).
Raadpleeg kundiges by plaagdoder maatskappye vir advies oor onkruiddoderprodukte en hul aanwending.
Geskryf deur:
Prof Charlie Reinhardt.
Landbouwetenskappe: Noordwes Univ, Potch Kampus
dr.charlie.reinhardt@gmail.com
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.90
-0.2%
Rand - Pond
19.84
-0.8%
Rand - Euro
16.80
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.22
-1.1%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag