Kundiges
Soek in kundiges
Wie is verantwoordelik om die indringers te bestry en te beheer?
Ons het ’n boorgat op ons plaasgrens wat geleë is naby aan ons buurman se kant waar heelwat Prosopis-bome groei. Die buurman het deur middel van staatshulp ’n paar jaar gelede die eerste gedeelte naaste aan ons boorgat skoongemaak van dié bome, maar dit nie daarna onderhou en bly beheer nie. Daar is nou weer 'n magdom jong bome en bosse en die ander gedeelte waaraan niks gedoen was nie, is nog meer toegegroei. Ons bestry die bome op ons plaas amper weekliks en het honderde suksesvol uitgeroei, maar dit bly op ons bestuursplan, aangesien die bome bly opkom.
My vraag is: Wie is verantwoordelik om die indringers te bestry en te beheer? Is dit elke plaaseienaar se verantwoordelikheid of is dit die staat se plig? Dieselfde buurman het ons genader om ander plaas ’n serwituut te gee sodat hy deur middal van ’n pyplyn water kan kry vir die plaas waarop die Prosopis-bome is. Dit maak my baie bekommerd, want natuurlik sal ons toestemming gee, maar aan die ander kant bedreig die bome ons waterbron. Ek sal dit waardeer indien jy my kan help met meer inligting oor die verantwoordelikheid en verpligtinge van die plaaseienaar mbt die bestryding van die indringerbome en miskien ook waar ons om hulp kan aanklop om ons buurman en onsself te help met hierdie probleem.
Die twee Prosopis-soorte in Suid-Afrika word albei as verklaarde uitheemse indringerplante geklassifiseer kragtens die Nasionale Omgewingsbestuur Biodiversiteit Wet van 2014. Hierdie Wet word deur die Departement van Omgewingsake geadministreer.
Volgens bogenoemde wet is Prosopis glandulosa en hibriede daarvan 'Kategorie 1b'-uitheemse indringerplante in die Oos-Kaap, Wes-Kaap, Vrystaat en Noordwes. Volgens die Wet beteken Kategorie 1b dit is spesies wat beheer en waar moontlik verwyder of uitgeroei moet word, en enige vorm van aanplanting of handeldrywing is streng verbode. Prosopis velutina en hibriede daarvan het 'n Kategorie 3-klassifikasie in die Noord-Kaap. Dit beteken hierdie soort word meestal as sierplant in tuine aangetref, maar geen verdere aanplanting word toegelaat nie (behalwe met spesiale toestemming van die Departement Omgewingsake) en daar mag nie handel gedryf word met voortplantingsmateriaal (bv. sade) nie.
Bestaande plante van kategorie 3 hoef nie beheer te word nie, maar mag nie toegelaat word om te versprei nie. In gevalle waar kategorie 3-plante egter in oewersones groei moet dit soos vir Kategorie 1b-plante hanteer word.
Bron van bostaande inligting is die boek: Probleemplante en Indringeronkruide van Suider-Afrika" (2018), outeur: Clive Bromilow; uitgewer: Briza Publikasies, Pretoria.
Verantwoordelikheid vir die beheer van Prosopis-soorte is waarskynlik die verantwoordelikheid van individuele grondeienaars. In gevalle waar hierdie plante in oewersones aangetref word, sal die Nasionale Werk-vir-Water Program (National Working-for-Water Programme) in die Departement van Omgewingsake waarskynlik versoeke oorweeg vir die toepassing van beheer deur hierdie staatsinstansie.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag