Kundiges
Soek in kundiges
Wil driedoring uit te roei, maar...
'n Plaas in Petrusville distrik het 'n klompie driedoring bosse, sowat 4 hektaar. Wat is die doeltrefendste metode om dit uit te roei? Baie dankie Gielie
Driedoring se wetenskaplike naam is Rhigozum trichotomum. Dit behoort tot ‘n klein groep van sewe Rhigozum-soorte, wat beperk is tot Afrika en Madagaskar, waarvan vier soorte in Suid-Afrika aangetref word. In die Noord-Kaap kom daar behalwe driedoring ook die kortdoringgranaat (Rhigozum brevispinosum) voor, maar waar laasgenoemde groot geel blomme dra, het driedoring wit tot liggeel of selfs ligrooi blomme.
(Foto’s hieronder verskaf deur dr. Charlie Reinhardt.)
Klik hier vir foto
Driedoring is ‘n voorbeeld van ons inheemse struiksoorte wat probleemstatus verwerf wanneer dit dermate vermeerder dat dit digte stande vorm, m.a.w. dit raak vir mens en dier ‘n probleem wanneer dit oormatig verdig – vandaar die naam “verdigterplant”. Voordat ons driedoring as ‘n probleemplant of onkruid uitkryt, moet ons die vraag vra: Waarom het dit oormatig verdig? Veld wat in ‘n swak toestand verkeer weens droogte, gronderosie, en/of oorbeweiding is dikwels een of meer van die redes. Dit is dan ook nie onvanpas om daaraan te dink as ‘n “reddingsplant” nie, want wat sou daar gegroei het in plek van driedoring, en gee ‘n boskasie daarvan nie kans vir ander plante om as’t ware terug te keer nie, deurdat toegang vir diere beperk word?
Meganiese verwydering van driedoring sal waarskynlik onprakties wees, al is dit dan net weens hoë koste. Chemiese beheer met onkruiddoders is sekerlik die mees ekonomiese manier van beheer wat tyd en koste betref. Met onkruiddoders behoort ‘n ewe groot oorweging die impak daarvan op ander plantsoorte te wees. Daar is onkruiddoders wat tussen bome/struike en grasse onderskei wat beheer betref, maar daar is in meeste gevalle nie fyner onderskeiding by boom-/struikdoders en grasdoders nie, m.a.w. ‘n boom-/struikdoder sal waarskynlik alle bome en struike, asook, kruidagtige plante, tot ‘n mindere of meerdere mate beskadig. Een manier om onkruiddoder-selektiwiteit te verkry of te verbeter is om dit so toe te dien dat die uitwerking soveel as moontlik tot die teikenplant beperk word – byvoorbeeld, strooi korrels van die onkruiddoderproduk slegs by die stam van die teikenplant, instede van toediening met ‘n vliegtuig, trekkergedrewe- of rugsakspuit.
Klik hier vir foto
Daar is relatief min onkruiddoders vir die beheer van driedoring geregistreer, en wel: tebuthiuron en bromasil (beskikbaar onder verskillende produkname). Dit kan wees dat meer soorte onkruiddoders intussen vir beheer van driedoring geregistreer is – kontak u naaste onkruiddoderhandelaar, en hou streng by die voorskrifte op die produk-etiket.
Ekself sal ‘n digte stand driedoring nie probeer “uitroei” nie, maar dalk slegs “uitdun”, aangesien die plant wel waarde het, soos om gronderosie te beperk. Dit is nou wel nie ‘n gesogte weiplant nie, maar dra by tot ‘n mikro-omgewing wat bevorderlik is vir die vestiging van meer gewensde plantsoorte in die natuurlike proses van plant-suksessie.
* Dr. Charlie Reinhardt is dekaan van die Villa Academy, buitengewone professor in onkruidwetenskap aan die Universiteit van Pretoria, en buitengewone professor in die Departement Agronomie, Stellenbosch Universiteit.
Navrae: E-pos: dr.charlie.reinhardt@gmail.com
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag