Kundiges
Soek in kundiges
Beteken lewensreg jy moet in die eiendom bly?
Moet die eienaar wat lewensreg het op ’n huis self in die huis bly of mag die persoon die huis uitverhuur en op ’n ander plek gaan bly?
Die term lewensreg dui op lewenslange reg van vruggebruik oor ’n eiendom ten gunste van die houer daarvan. So ’n persoon is geregtig op die “vrugte” van die eiendom. Dit verwys na byvoorbeeld oeste se opbrengste, óf huurgeld van die eiendom. Die vruggebruiker mag dus die eiendom verhuur teen vergoeding, of weidingsregte verhuur aan ’n derde persoon en die huurgeld of vergoeding vir hom- of haarself gebruik. Die houer van die vruggebruik mag die eiendom dus verhuur en op ’n ander plek gaan woon.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.20
+0.3%
Rand - Pond
19.66
+0.8%
Rand - Euro
16.62
+0.9%
Rand - Aus dollar
11.54
-0.0%
Rand - Jen
0.12
+0.6%
Goud
1,800.50
+0.6%
Silwer
20.80
+2.4%
Palladium
2,224.00
-2.9%
Platinum
966.20
+0.5%
Brent-ruolie
99.60
+2.2%
Top-40
63,996
-1.0%
Alle aandele
70,731
-0.8%
Hulpbronne 10
64,048
-2.8%
Industriële 25
86,577
-0.6%
Finansiële 15
16,059
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag