Kundiges
Soek in kundiges
Woonreg op huis wat deel uitmaak van 'n boedel
My pa is verlede jaar oorlede. My ma het ná sy afsterwe uitgevind dat sy moet gaan vir ’n groot operasie. Ek was in daardie stadium besig om my huis te verkoop om ’n nuwe huis te bou. My ma het ons gevra om by haar in te trek en by haar te bly tot ons huis klaar gebou is. Ek en my gesin het by my ma ingetrek sodat ons haar kan bystaan na die operasie, wat ‘n herstelperiode van agt weke herstel sou behels. As gevolg van Covid is die registrasie van die bouplanne ens. egter vertraag. My ma het intussen erge komplikasies weens die operasie opgedoen en is ook onlang oorlede. My pa se boedel was nog nie afgehandel tydens haar afsterwe nie. Ons is vier kinders. My een boetie erf die huis waarin ons tans bly terwyl ons huis klaar gebou word. My ma se boedel is ook nog nie afgehandel. Terwyl ons in die huis bly, betaal ek alle uitgawes van die huis, soos erfbelasting en versekering sodat dit nie van die boedel verhaal word nie. Ek stuur ook maandeliks bewys van die betalings aan die prokureur wat die boedel behartig. My boetie wil nou self in die huis intrek en verwag dat ons moet uittrek. Dít nadat die ooreenkoms was dat ons in die huis bly tot ons huis klaar gebou is. Hy verwag ook dat die boedel al sy kostes dek. Het hy enige reg as die huis nog nie op sy naam geregistreer is nie? Die huis is nog op my oorlede pa se naam. En wat is ons ander drie kinders se regte ten opsigte van die huis se uitgawes wat ons voel die boedel nie vir hom kan betaal nie? Is verhuring van die huis om kostes ted ek ’n opsie tot en met die huis wettig geregistreer is in sy naam?
Jou broer het geen reg om in die eiendom in te trek voordat dit in sy naam geregistreer is nie. Jou ooreenkoms met jou ma word nou gereël deur die eksekuteurs van die boedels. Jy kan hulle inlig omtrent die ooreenkoms met jou ma dat jy in die eiendom kan aanbly tot jou huis klaar gebou is. Indien die eksekuteurs so besluit, kan jy in die eiendom aanbly. Die eksekuteurs het volle seggenskap oor die bestuur van die bates van die boedel. Hulle is die enigste wat sou kon besluit of jy in die eiendom kan aanbly of nie. Die eksekuteurs kan die eiendom verhuur totdat dit in jou broer se naam oorgedra word.
Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag