Kundiges
Soek in kundiges
Hoe gemaak met agterstallige eiendomsbelasting?
Ek het op ’n webwerf ’n leë erf te koop gesien en deur ’n agent die grond gekoop. Ek het die volle bedrag, asook die oordragkostes, in die prokureur se trustrekening betaal. Ek het later uitgevind dat die eienaar nooit sy grondbelasting betaal het nie en dat die agterstallige bedrag meer as helfte van die koopsom is. Die oordrag kan nou nie plaasvind nie omdat ons nie die sertifikaat van die munisipaliteit kan kry om aan te dui dat daar nie agterstallige belasting is nie. Kan ek die verkoper dwing om die agterstallige bedrag van die koopbedrag af te trek?
Die eienaar is verplig om die eiendomsbelasting te betaal en dit op datum te bring vir doeleindres van die oordrag van die grond. Die moontlikheid bestaan dat die oordragprokureur namens die verkoper die uitstaande belasting by ’n oorbruggingsmaatskappy kan leen en die bedrag dan teen registrasie van oordrag aan die oorbruggingsmaatskappy terug kan betaal. ’n
Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Ander opsie is dat die uitstaande belasting deur jou betaal word en die oordragprokureur onderneem om dit van die verkoper se koopprys af te trek en teen die registrasie van oordrag aan jou terug te betaal. Dit is beslis nie so dat die oordrag nie kan plaasvind nie. Die aktebesorger behoort beslis ’n uitweg te kan vind.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag