Kundiges
Soek in kundiges
Oprigting van 'n grensheining
Ek het ’n gedeelte van my grond verkoop waarop daar geen grensheining is nie. Ek het ’n skriftelike ooreenkoms met die koper aangegaan dat hy verantwoordelik is om ’n jakkalswerende grensheining op te rig, asook om ’n landmeter aan te stel om die presiese posisie van die heining uit te meet. Weens talle vertragings het ek toe ’n landmeter aangestel om die heining uit te meet. By nadere ondersoek het ek gevind dat die koper slegs ’n veewerende heining gespan het en dat van die penne geskuif is weg van hul oorspronklike posisie. Die grond is reeds oorgedra en ek het my geld intvang. Wat staan my te doen?
Indien jy ’n ooreenkoms met die koper het om jakkalsproefheining op te rig, is so ’n ooreenkoms bindend. Jy sal self ’n landmeter kan aanstel om die korrekte grens en penne te bepaal en hom ingevolge die ooreenkoms vir die koste daarvan aanspreeklik kan hou. Dis te betwyfel of hy dit uit sy eie sal doen. Nadat die korrekte grens bepaal is en die penne korrek geplaas is, sal jy hom kennis kan gee dat jy ’n jakkalsproefheining gaan oprig en dat hy ingevolge die ooreenkoms vir die koste daarvan aanspreeklik sal wees. Jy sal van die dienste van ’n prokureur gebruik moet maak om jou met die kennisgewings en eis van die koste behulpsaam te wees.
Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag