Kundiges
Soek in kundiges
Mag buurman my beeste verwyder?
Mag ’n boer jou beeste oplaai en verwyder sonder jou toestemming, as jou beeste oor ’n draad gespring het en op sy grond loop? Twee van my verse het oor die draad gespring het en die persoon het hulle gelaai en verwyder sonder my toestemming of om my te kontak. Die verse is gebrandmerk en het oorplaatjies aan met my voorletter en van, asook my sel- en plotnommer.
Die buurman is geregtig om die twee verse op te laai en na sy werf te neem vir bewaring, sodat jy dit daar kan afhaal. Hy mag ook sy onkoste van jou eis. Hy mag die verse ook na ’n plaaslike skut Vervoer, waar jy geregtig is om hulle te gaan afhaal teen betaling van die skut se tariewe. Hy mag hulle egter nie vir homself neem of verkoop nie.
Dit sal beslis diefstal wees waarvoor jy ’n kriminele klag aanhangig kan maak. Dis belangrik vir produsente om hul draadheinings in stand te hou om hulle diere binne die grense van hul grond te hou. Dis ’n vereiste ingevolge die Omheiningswet.
Butch van Blerk is direkteur: Bill Tolken Hendrikse Ingelyf, van Bellville, Kaapstad.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag