Kundiges
Soek in kundiges
Wat is my buurman se verpligting om te help betaal aan 'n heining?
Met die koop van ons plaas was daar geen grensdraad tussen ons en een van ons buurplase nie. Die buurplaas het van eienaar verwissel en ons wil ’n grensheining laat oprig. Die buurman wil nie help bydra aan die koste nie omdat hy slegs met bye en veldblomme boer en ons met beeste.
Het hy enige verpligting om te help bydra om die koste te betaal?
As ons die volle koste moet betaal vir die oprigting, kan ons sodra hy diere aanhou van die koste van hom verhaal, of as hy die plaas verkoop, kan ons dan enige oprigtingskoste van die nuwe eienaar verhaal?
Die Omheiningswet 31 van 1963 verleen sekere wederkerige regte en lê ooreenstemmende verpligtings op die eienaars van aangrensende eiendomme tot die omheining van hul gemeenskaplike grens. Die President is gemagtig om by proklamasie te verklaar dat bydraes deur eienaars tot die koste van grensheinings verpligtend sal wees in spesifieke gebiede.
Jy kan by die Stadsbeplanner van jou munisipaliteit vasstel of so ’n proklamasie op die gebied waar julle eindomme lê van toepassing is.
In geproklameerde gebiede sal ’n eienaar wat van voorneme is om ’n grensheining op te rig, geregtig wees om ’n bydrae van ’n aangrensende eienaar te vereis. Dit behels dat hy die aangrensende eienaar in kennis stel met ’n kennisgewing soos in die wet uiteengesit van die beraamde koste van die heining en die verhouding wat laasgenoemde moet bydra, normaalweg 50%.
Sou enige dispuut tussen die eienaars ontstaan oor die oprigtingskoste, kan hulle die dispuut ingevolge die wet vir arbitrasie verwys, andersins kan die dispuut in ’n nabye landdroshof besleg word.
In gebiede waar bydraes nie verpligtend is nie, is die basis waarop ’n aangrensende eienaar aanspreeklik gehou kan word om by te dra tot die koste van 'n heining, van toepassing op die stadium wanneer die heining vir hom voordelig raak.
’n Eienaar wat met vee of beeste boer, is verplig om die diere binne die grense van sy grond te hou en ’n grensheining op te rig. Indien julle nie in ’n geproklameerde area geleë is nie, sal die aangrensende eienaar verplig wees om tot die heining se koste by te dra wanneer hy die heining tot sy voordeel gebruik deur byvoorbeeld self met vee of wild te boer.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
17.20
-0.1%
Rand - Pond
21.30
+0.1%
Rand - Euro
18.70
-0.1%
Rand - Aus dollar
12.22
+0.0%
Rand - Jen
0.13
-0.0%
Platinum
1,012.08
0.0%
Palladium
1,618.86
0.0%
Goud
1,928.39
0.0%
Silwer
23.60
0.0%
Brent-ruolie
86.66
-0.9%
Top-40
74,766
+0.4%
Alle aandele
80,791
+0.4%
Hulpbronne 10
77,871
-0.4%
Industriële 25
103,872
+0.7%
Finansiële 15
16,281
+0.6%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag