AFGRI
BEAN
19 Aug
-
8952
196,00
CORN
19 Aug
-
4180
101,00
SOYA
19 Aug
-
8805
109,00
SUNS
19 Aug
-
10941
99,00
WEAT
19 Aug
-
6800
-30,00
WMAZ
19 Aug
-
4285
44,00
YMAZ
19 Aug
-
4251
56,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
05 Aug
-
59,93
-0,33
Beeste AB2/3
05 Aug
-
58,21
0,44
Beeste B2/3
05 Aug
-
54,93
-0,26
Beeste C2/3
06 Aug
-
48,03
-0,31
Bevrore Hoender
05 Aug
-
30,82
0,06
Bokkies (onder 30 kg)
05 Aug
-
72,23
-9,16
Bokooie
05 Aug
-
49,53
-11,74
Groot (meer as 40 kg)
05 Aug
-
43,62
0,97
Hoender (IQF)
05 Aug
-
30,05
0,21
Medium (30-40kg)
05 Aug
-
56,68
-4,81
Pork Average
05 Aug
-
25,32
-0,66
Poultry Average
05 Aug
-
30,8
0,10
Skaap A2/3
05 Aug
-
100,5
-0,06
Skaap AB2/3
05 Aug
-
87,24
1,74
Skaap B2/3
05 Aug
-
81,95
0,36
Skaap C2/3
05 Aug
-
78,01
0,45
Speenkalf
05 Aug
-
36,96
0,46
Spekvarke
05 Aug
-
27,25
-0,23
Stoorlammers
05 Aug
-
47,91
0,66
Varkwors
05 Aug
-
21,7
0,04
Vars Hoender
05 Aug
-
31,55
0,05
Vleisvarke
05 Aug
-
25,18
-0,61
Kundiges
Vraag

07 Mei 2018

Longontsteking in beeste: Verskuilde verliese en voorkoming
Wat is die oorsaak van longontsteking by beeste en hoe kan ek dit voorkom?
Antwoord 846 keer gelees
Kundige
Veearts

07 Jun. 2018

Oorsaak van longontsteking

Baie faktore lei tot longontsteking in beeste. Een kiem alleen kan nie verantwoordelik gehou word vir longontsteking nie. Beeste is baie sosiale diere en smee hegte bande met sommige kuddemaats. Vermenging in nuwe groepe en vervoer is voorbeelde van spanningsvolle situasies vir beeste. Die stres veroorsaak ‘n verhoogde kortisol konsentrasie in die bloedstroom wat die weerstand teen siekte sal verlaag en witbloedselgetalle verminder.

Die kwaliteit van ingeasemde lug kan ook bydra tot longontsteking. Stof en ammoniak sal die slymvliese irriteer en die bees word daardeur meer vatbaar vir infeksies.

Die omgewing bevat altyd ‘n mindere of meerdere mate van virus. Virus oorleef langer in ‘n kouer, natter klimaat en het sy oorsprong altyd uit ‘n draerbees.

•Aansteeklike Bees Rinotrageïtis (IBR) longontsteking wat deur ‘n herpesvirus veroorsaak word, word deur sekere beeste in die kudde gedra en uitgeskei veral as die stresvlakke hoog is (soos met koorsblare in mense en snotsiekte in blouwildebeeste). Indien die bees se immuunstelsel nie die aanslag van die virus kan hanteer nie, sal die virus skade aan die slymvliese van die asemhalingstelsel veroorsaak

•Para-influensa tipe 3 (PI-3) virus veroorsaak longinfeksies in beeste met geen of milde kliniese tekens wat ontwikkel. In kombinasie met ander virusse, bakterieë en stressituasies kan erge longontsteking egter ontwikkel. BVD (Bees Virus Diarree) virus kan ook bydra tot longontsteking deurdat dit die immuunstelsel onderdruk en word die bees dus meer vatbaar vir ander virusse (bv. IBR virus). Soos IBR virus, word BVD virus deur draerbeeste versprei.

•Bees Respiratoriese Sinsitiale virus (BRSV) kan ook longontsteking veroorsaak, alhoewel daar in meeste diere geen kliniese tekens is nie. Bakterieë, waarvan sommige normaal in die boonste asemhalingsweg van die beeste voorkom, is opportunisties en vererger die skade wat die virus aangerig het. Voorbeelde van patogene (siekteverwekkende) bakterieë is Mannheimia haemolytica, Pasteurella multocida en Histophilus somni. Ander patogene soos Mycoplasma bovis (mikoplasma) kan die graad van longontsteking vererger en die verloop daarvan verleng (meer kronies maak). Teen hierdie tyd toon die bees kliniese tekens en die behoefte aan behandeling word deur die produsent besef.

Kliniese tekens van longontsteking 

Dit is bewys dat teen die tyd dat ‘n ervare persoon die kliniese tekens van longontsteking waarneem, die bees al minstens 3-4 dae siek is. Dit is begryplik gegewe dat beeste van nature prooidiere is en dat, deur kliniese tekens te wys, die kans om die voedselketting via roofdiere binne te gaan, verhoog word. Die eerste teken is ‘n afname in dieet inname (weiding, melk, volvoer) wat in sommige omstandighede moeilik meetbaar is. Die bees se sosiale gedrag word geaffekteer deurdat hy/sy wil wegkruip (skaam) en nie die normale ondersoekende gedrag toon nie. Daarna volg ‘n toename in asemhalingstempo en word neusafskeidings waargeneem. Teen die tyd dat beeste hoes of moeilik asemhaal, is die siekte reeds ver gevorderd. Dit is ‘n kuns om siek beeste vroegtydig te identifiseer vir behandeling.

Behandeling van longontsteking

Hoe vroeër behandeling ‘n aanvang neem, hoe beter die resultate. Indien inflammasie as gevolg van die infeksie toegelaat word om voort te gaan, word die skade aan longweefsel toenemend erger. Bakterieë verdubbel hulle getalle elke 20 minute in longweefsel. Dit is dus belangrik om ‘n antibiotikum te gebruik wat vinnig werk en doeltreffend is teen ‘n breë spektrum van bakterieë. 

Antibiotika werk nie teen virusse nie. Die keuse van antibiotika word in samewerking met jou veearts gemaak – wat die besluit sal baseer op a) die spoed van werking en, b) die spektrum van doeltreffendheid. Laasgenoemde word in ‘n laboratorium bepaal deur longspoelings van geaffekteerde beeste. Kieme word geïsoleer, gekweek en ‘n antibiogram gemaak. Die lengte van werking van ‘n antibiotikum is ondergeskik aan die spoed van werking en die spektrum van doeltreffendheid. 

Die gebruik van ‘n anti-inflammatoriese middel gelyktydig saam met die eerste toediening van antibiotika, is krities belangrik aangesien dit die ontstaan van permanente longletsels soos verklewings aan die borskas sal help voorkom. Dit sal ook die pyn en koors help verlig en die terugkeer tot normale rantsoen inname help bespoedig. 

Die nagevolge van longontsteking in beeste 

Net soos enige velwond ‘n litteken kan laat, so kan inflammasie in longweefsel permanente skade veroorsaak. Vergelykende studies tussen voerkraalbeeste met- of sonder longletsels by slagting het getoon dat die voorafgaande gemiddelde daaglikse massatoename betekenisvol laer was in beeste met longletsels. Geen sulke slagplaas opnames is plaaslik al in suiwelbeeste en skape uitgevoer nie, maar wetenskaplike logika wil dit hê dat produksie erosie beslis sal plaasvind in ‘n bees met ou longletsels. Longkapasiteit vergeleke met suurstof behoefte is baie kleiner in beeste as in ander huisdierspesies.

Die voorkoming van longontsteking in beeste 

Naas gesonde omgewings- en kuddebestuurspraktyke is die eerste voorkomende maatreël om toe te sien dat die pasgebore kalf binne 6 ure ten minste 800 en 2 000ml – onderskeidelik vir vleisbeeste en suiwelbeeste – kwaliteit biesmelk inkry. Om hierdie doelwit te bereik, is die korrekte rondom geboortebestuur van die koei uiters belangrik – ‘n onderwerp buite die strekking van hierdie artikel. 

Entstowwe speel ‘n sleutelrol in die voorkoming van longontsteking. Hier volg ‘n voorstel wat deur u veearts geverifieer behoort te word:

•Bovillis Qarat (Reg. No. G2586 Wet 36/1947, Namibië Reg. No. N-SR 1058) aan dragtige koeie 1 maand voor kalwing
•Bovillis Qarat aan kalfies vanaf 3 maande ouderdom
•Herhaal Bovillis Qarat in kalwers op 5-6 maande ouderdom (voorspeen) •Gebruik Bovitect III (Reg. No. G3211 Wet 36/1947, Namibië Reg. No. N-SR 1093); of ‘n ander lewende BVD-bevattende entstof saam met Bovitect P (Reg. No. G3002 Wet 36/1947, Namibië Reg. No. N-SR 1015) na speen (8 maande ouderdom) in vervangingsverse
•Laasgenoemde moet minstens 2 maal herhaal word voordat die vers die eerste keer op 18-24 maande ouderdom geteel word – m.a.w. weer op 12 maande en 18 maande ouderdom. Entstowwe werk slegs as die voedingstatus van die geënte dier op standaard is.

Slotsom
Longontsteking is ‘n multifaktoriale siekte wat voorkom kan word deur korrekte bestuur oor ‘n breë front. Indien dit nie moontlik is nie sal die verliese aan produksieverliese en behandelingskoste die winsgewendheid van die betrokke bees betekenisvol benadeel.

Geskryf deur Dr.Willem Schultheiss, Intervet/Schering-Plough Dieregesondheid.

Lees ook:
Geskryf op 3 Oktober 2008
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.89
-0.1%
Rand - Pond
20.07
+0.3%
Rand - Euro
17.03
-0.1%
Rand - Aus dollar
11.66
+0.1%
Rand - Jen
0.12
+0.3%
Goud
1,754.26
-0.3%
Silwer
19.26
-1.4%
Palladium
2,145.00
-0.6%
Platinum
906.50
-0.8%
Brent-ruolie
96.59
+3.0%
Top-40
63,721
-0.7%
Alle aandele
70,491
-0.7%
Hulpbronne 10
62,897
-1.6%
Industriële 25
86,731
-0.2%
Finansiële 15
16,035
-1.0%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Eks n boertjie
Ernstig gemotiveerd en hardwerkend, goeie sin vir humor, lojaal en sal Berge versit vir mense vir Wie ek omgee. Ek hou nie daarvan om my so te verkoop nie. Leer my Ken. Ek is...
Twee halwes maak een!
Eks lewenslustig, betroubaar, hardwerkend (een man vrou) energiek en hou van uitdagings. Ek hou van kosmaak, diere, mense en kinders. Eks n netjiese vrou en kyk mooi na myself.
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot