Kundiges
Soek in kundiges
Verspreiding en oorlewing van die bek-en-klouseervirus
Hoe versprei bek-en-klouseer en hoe lank kan die bek-en-klouseervirus oorleef?
Klassifikasie van die bek-en–klouseervirus (BKV)
‘n Virus van die familie Picornaviridae, genus Aphthovirus. Daar is 7 serotipes wat immunologies onderskei kan word: A,O,C, SAT 1, SAT 2,SAT 3 en Asië 1. Hulle verskaf nie kruisimmuniteit met mekaar nie. Mutasies geskied en nuwe BKV variante ontstaan.
Bronne van die bek-en-klouvirus (BKV)
•Diere in die inkubasieperiode en wat klinies geaffekteer is.
•Asem, spoeg, mis en urine, melk en semen tot 4 dae voor kliniese tekens gesien word.
•Vleis en byprodukte waarvan die pH bokant 6 gebly het.
•Draerdiere: herstelde of geënte diere asook blootgestelde diere waar die BKV in die bekholte (orofarinks) vir meer as 28 dae kan oorleef.
•Die persentasie van draers in beeste wissel tussen 15 en 50%
•Die draerstatus in beeste duur gewoonlik nie langer as 6 maande nie. Daar is wel ‘n klein persentasie van diere wat tot 3 jaar positief kan bly.
•Mak buffels, skape en bokke dra die BKV gewoonlik nie langer as ‘n paar maande nie. Die Afrikabuffel is die vernaamste onderhoudsgasheer van die SAT serotipes en kan die virus vir ten minste 5 jaar huisves.
•Omstandigheidsgetuienis wys daarop dat draers die infeksie mag versprei na vatbare diere wat in noue kontak is – die meganisme van verspreiding is onbekend.
Die vraag word dikwels gevra hoe lank die virus, wat bek-en–klouseer veroorsaak, kan oorleef.
Die volgende toestande het ‘n invloed op die oorlewing van die virus.
Temperatuur
Die virus word bewaar deur verkoeling en bevriesing. Die virus word gou vernietig by temperature bokant 50°C. Deur vleis te verhit tot ‘n minimum temperatuur van 70°C vir ten minste 30 minute word die virus geïnaktiveer.
Suurgehalte
Die virus word ook gou geïnaktiveer by pH ?6.0 of ?9.0
Ontsmettingsmiddels
Geïnaktiveer deur natriumhidoksied (2%); natriumkarbonaat (4%); sitroensuur (0,2%); asynsuur (2%); natriumhipochloriet; kaliumperoksiemonosulfaat/natriumchloried (1%) en chloordioksied.
Weerstandig teen iodofore, kwaternêre ammonium middels en fenole veral in die teenwoordigheid van organiese materiaal.
Oorlewing in weefsel
Die virus oorleef in limfknope en beenmurg by neutrale pH 7, maar word vernietig in die spiere by pH <6.0 bv. na rigor mortis (nadoodse sametrekking van spiere). Die virus oorleef in gevriesde beenmurg of limfknope.
Oorlewing in melk
Virus kan in melk en melkprodukte oorleef tydens normale pasteurisasie, maar word geïnaktiveer tydens ultra hoë temperatuur pasteurisering.
Uitdroging
Oorleef uitdroging, maar kan oorleef vir dae en weke in organise materiaal as dit klam bly onder koel temperature. Oorleef ook in besmette voer en omgewing tot ‘n maand afhangende van die temperatuur en pH toestande.
Geskryf op 7 September 2015 deur dr. Faffa Malan uit inligting verkry van die OIE se webblad.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.32
-0.2%
Rand - Pond
19.74
+0.4%
Rand - Euro
17.02
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.12
+1.0%
Rand - Jen
0.12
-0.7%
Goud
1,801.63
-0.3%
Silwer
19.75
-2.6%
Palladium
1,961.50
+1.1%
Platinum
882.50
-1.7%
Brent-ruolie
109.03
-3.1%
Top-40
59,640
-0.8%
Alle aandele
65,662
-0.9%
Hulpbronne 10
61,245
-3.9%
Industriële 25
80,264
+1.1%
Finansiële 15
14,564
-0.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag