Kundiges
Soek in kundiges
Afrika-varkpes in Bosvarke
In Standerton se omgewing is daar gerugte van varkpes. Kan varkpes die bosvark en bosvarkkruisings aantas? Die bosvarkpopulasie neem geweldig toe en is tans ‘n groot probleem vir saaiboere. Gevalle het selfs voorgekom waar bosvarke kalwers aanval en opvreet! Sal varkpes ‘n natuurlike biologiese wapen wees of is bosvarke soos vlakvarke wat die besmetting betref?
Prof. Mary-Louise Penrith, veearts en soöloog en kenner op die gebied van Afrika-varkpes (AVP), is van mening dat die meeste mense nie die verskil tussen bosvarke (“Bush pigs” – Potamochoerus larvatus) en “Wild Boars” (Sus scrofa) ken nie.
Bosvarke is soos vlakvarke, wat Afrika-varkpes (AVP) kan opdoen, maar nie simptome wys nie en soos vlakvarke nie effektiewe oordraers van AVP is nie.
In Suid-Afrika gebruik ons die term bosvarke losweg. Daar is baie Eurasiese wilde bere en hulle verbaster met gewone gedomestikeerde varke (altwee dieselfde spesie nl. Sus scrofa).
Mense verwys veral in Suid-Afrika na hierdie kruisings as bosvarke. In die geval van Eurasiese wilde varke is die varke vatbaar soos wat die dedomestikeerde vark vir AVP is. Hulle het kliniese tekens van AVP en kan ook AVP oordra, maar sal nie sommer draers van die siekte bly nie.
Ek lees die skrywer se vraag en sien sy verwys na Eurasiese wilde varke.
In daardie geval sal die varke vatbaar wees vir AVP en dus kliniese tekens wys en van die siekte vrek.
AVP is ‘n staatsbeheerde siekte volgens die Dieregesondheidswet en alle gevalle van AVP MOET aan die naaste Staatsveearts gerapporteer word.
Ons moet alles in ons vermoë doen om AVP te beheer omdat die siekte ‘n reuse-impak op groot kommersiële sowel as kleinskaalse varkboere het.
Die groot gevaar met wildevarkkarkasse wat met die AVP virus besmet is, is dat die leeftyd van die virus in die karkas en vleis kan wissel van twee maande tot en met 1 000 dae, as dit baie koud is.
Die moontlikheid is altyd daar dat so ‘n karkas in ‘n mielieland kan lê en sodoende as ‘n bron van besmetting vir ‘n kommersiële eenheid kan wees.
In die korttermyn mag dit na ‘n oplossing lyk om wildgemaakte mak varke te beheer, maar in die langtermyn kan dit die ondergang van kommersiële varkboerdery beteken.
Hulpbronne:
Prof. Mary-Louise Penrith
Dr. Pieter Vervoort
Geskryf deur:
Dr. Nadia de Beer
Agri Farmacy SA
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag