AFGRI
BEAN
06 Des
-
9456,8
114,80
CORN
06 Des
-
4415
-4,00
SOYA
06 Des
-
10335
29,00
SUNS
06 Des
-
9714
-270,00
WEAT
06 Des
-
6642
-31,00
WMAZ
06 Des
-
4452
24,00
YMAZ
06 Des
-
4740
-59,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
25 Nov
-
161,43
8,93
Ave Wool - RWS
25 Nov
-
165,08
7,23
Beeste A2/3
25 Nov
-
59,74
-0,14
Beeste AB2/3
25 Nov
-
55,92
-2,28
Beeste B2/3
25 Nov
-
51,94
-0,63
Beeste C2/3
25 Nov
-
49,11
-0,63
Bevrore Hoender
25 Nov
-
32,3
0,32
Bokkies (onder 30 kg)
25 Nov
-
59,57
0,15
Bokooie
25 Nov
-
42,28
3,18
Groot (meer as 40 kg)
25 Nov
-
43,87
-0,26
Hoender (IQF)
25 Nov
-
31,5
0,18
Medium (30-40kg)
25 Nov
-
60,31
5,18
Pork Average
25 Nov
-
36,15
-0,47
Poultry Average
25 Nov
-
32,51
0,25
Skaap A2/3
25 Nov
-
91,99
-0,90
Skaap AB2/3
25 Nov
-
77,48
-0,41
Skaap B2/3
25 Nov
-
74,46
1,06
Skaap C2/3
25 Nov
-
70,17
0,20
Speenkalf
25 Nov
-
36,89
-0,04
Spekvarke
25 Nov
-
36,25
-0,10
Stoorlammers
25 Nov
-
40,69
0,18
Varkwors
25 Nov
-
28,46
-0,82
Vars Hoender
25 Nov
-
33,73
0,26
Vleisvarke
25 Nov
-
36,02
-0,69
Kundiges
Vraag

08 Feb. 2019

Beste tipe gras vir kallers by Randfontein
Waar vind ek uit watter tipe gras om te plant wat die beste sal wees om kallers onder besproeiing 120kg-150kg aan te sit. Daar is sekerlik toetse al gedoen wat my kan help. Ons is in Randfontein.
Antwoord 3 482 keer gelees
Kundige
Veearts

08 Feb. 2019

Die Randfontein-omgewing is klimatologies vergelykbaar met die Potchefstroom-omgewing, daarom verskaf ek resultate wat by die Potchefstroom Langboukollege ingesamel is. Resultate wat deur Prof Grunow (TUKS) gepubliseer is, word ook verskaf.

Die antwoord op hierdie vraag word deur baie eksterne faktore beinvloed, soos: 

1. Van watter datum af moet die weiding voorsien word? 
2. Is dit vir ‘n spesifike ras? 
3. Is daar grondontledings gedoen om bemesting te bepaal? 
4. Watter grondtipe 
5. Hoeveel ha is beskikbaar vir besproeiing? Ens.  

Die aanname word gemaak dat daar droëland en besproeiingslande beskibaar is. ‘n Baie algemene voervloeiprogram en bespreking word vir die navraer hier in die grafiek en res van die antwoord voorgestel. Klik hier daarvoor

Vir die somer onder droëland word Smutsvingergras voorgestel, aangesien dit baie goed op die Hoëveld en spesifiek vir daardie omgewing aangepas is. 

In Tabel 1 word resultate van die Potchefstroom en Pretoria omgewings aangedui. Dit was onder droëland toestande. Uit die tabel kan afgelei word dat tussen 3 en 3.7 ossies per ha gedra kan word op Smutsvinger en dat hul tussen 90 en 100 kg per ossie kan toeneem vir die 180 dae.
Dit moet net deeglik in gedagte gehou word dat die klimaat kan verander tydens die 180 dae somer. 

Dit het ook ‘n invloed op kwaliteit en drakrag van die Smutsvinger. Die verandering van ruprotein-inhoud (RP) van die gras sal tussen seisoene verander en ook deur bemesting beinvloed word. Die RP het volgens die grafiek hieronder van 20% in Desember na 15% en 7 % in Januarie gedaal, afhangend van bemesting. 

Daarna het dit in die herfs verder gedaal. Vir afronding van diere sal daar dus byvoeding vanaf end Januarie/Februarie nodig wees, in die vorm van kragvoer of die gebruik van addisionele weidings, soos die voervloeiprogramgrafiek aangedui word.

Kragvoer sal met die hulp van ‘n voedingkundige bepaal moet word. In terme van addisionele weiding kan twee spesies oorweeg word (albei onder besproeiing). Nommer een is Langswenkgras, wat meerjarig is en sy hoogste produksie in die herfs in lente lewer. 

Dit is ‘n baie goeie weiding wat goed in daardie gebied aangepas is. Meer inligting oor Langswenkgras volg later. Die tweede moontlikheid is om Eenjarige Baster Babala te plant en vir laat somer gebruik. 

In Tabel 2 word aangedui wat se produksie verwag kan word van Baster Babala, onder besproeiing, indien in November, Desember en Januarie geplant word. Die gewas is gewoonlik gereed vir beweiding 40 dae na plant en dit kan weiding lewer tot April/Mei.

Vir die winter, onder besproeiing word Stoelrog of Hawer aanbeveel soos aangedui in Tabel 3 hieronder.

Die winter-drakrag van Hawer en Stoelrog word in Tabel 4 aangedui.

Meer besonderhede van Langswenkgras

Langswenkgras: (Festuca arundinaceae) 

Kultivars: Amelie (hele SA). Ferugo, Dovey, AU Triumph ens. 
Reënvalbehoefte: 850 mm + (Verkieslik besproeiing) 

• Baie goeie weiding, maak ‘n uitstekende staande hooi en hooi. Dit kan ook ingekuil word. Op sy smaaklikste voor saadstadium. 

• Plant April/Mei (Maart in koue areas), asook in Sept/Okt. Indien geen onkruide teenwoordig. Die gras is baie gevoelig vir onkruidkompetisie. 

• Vermy te kort beweiding gedurende die warmste maande, vir die res van die jaar puik weiding. Kan droëland in vleie en hoë reënval (800mm) areas geplant word, maar doen baie goed onder besproeiing. 

• Doen goed in leem tot swaar kleigrond en kan versuip toestande vir redelike tye oorleef. 

• Produseer van Februarie tot Oktober, met hoogste produksie in herfs en lente Plantdigtheid: 20 kg/ha. Hooi/hay: 8 – 16 t/ha Weikapasiteit/Grazing capacity: 3.5 GVE/ha (±20 - 25 skape/ha).  

Grondontledings noodsaaklik! pH kan 6 tot 7 wees. Grond P-inhoud minstens 25mg/kg en K-inhoud minstens 100 mg/kg.

Geskryf deur: 
Prof Chris S Dannhauser (ChrisWei) 
Sel no. (+27) 082 873 4736 
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons nuwe webwerf vir geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in LBW én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
17.35
+0.6%
Rand - Pond
21.12
+0.8%
Rand - Euro
18.21
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.65
+0.4%
Rand - Jen
0.13
+0.6%
Goud
1,773.44
+0.3%
Silwer
22.46
+0.9%
Palladium
1,871.50
-0.3%
Platinum
991.50
-0.9%
Brent-ruolie
82.68
-3.5%
Top-40
68,381
-0.2%
Alle aandele
74,480
-0.3%
Hulpbronne 10
73,734
-1.4%
Industriële 25
91,360
-0.2%
Finansiële 15
15,774
+1.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Kom. Ons skryf ons eie roman
Ek is Baie pisetiewe men's wat Al's Kan bied wat jy nie het nie kook goed braai leke kuier leke maak die beste koffie in die oggend
Tot die einde.. deur goed en sleg...
EK DINK EK IS VRIENDELIK, BAIE LIEFDE OM TE GEE, N MENSE MENS EN LEWE OM N PERSOON OP MY HANDE TE DRA EN N MAAT TE HE. EK GLO IN EERLIKHEID, OPREGTHEID EN GLO IN WAARDES. EN EK...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot