AFGRI
BEAN
22 Okt
-
6602
0,00
CORN
22 Okt
-
3085
0,00
SOYA
22 Okt
-
7266
0,00
SUNS
22 Okt
-
10911
0,00
WEAT
22 Okt
-
5681
0,00
WMAZ
22 Okt
-
3146
0,00
YMAZ
22 Okt
-
3284
0,00
AMT
Beeste A2/3
22 Okt
-
53,12
-0,01
Beeste AB2/3
22 Okt
-
51,44
0,00
Beeste B2/3
22 Okt
-
49,2
0,00
Beeste C2/3
22 Okt
-
45,11
0,00
Bevrore Hoender
22 Okt
-
29,28
0,00
Bokkies (onder 30 kg)
22 Okt
-
67,85
0,04
Bokooie
22 Okt
-
44,07
0,10
Groot (meer as 40 kg)
22 Okt
-
40,19
0,13
Hoender (IQF)
22 Okt
-
27,37
-0,01
Medium (30-40kg)
22 Okt
-
54,78
-0,01
Pork Average
22 Okt
-
27,29
-0,01
Poultry Average
22 Okt
-
29,26
0,00
Skaap A2/3
22 Okt
-
82,67
0,00
Skaap AB2/3
22 Okt
-
75,9
0,01
Skaap B2/3
22 Okt
-
70,32
0,01
Skaap C2/3
22 Okt
-
67,22
-0,02
Speenkalf
22 Okt
-
39,87
0,00
Spekvarke
22 Okt
-
27,23
-0,02
Stoorlammers
22 Okt
-
45,23
-0,03
Varkwors
22 Okt
-
22,33
-0,01
Vars Hoender
22 Okt
-
31,13
0,00
Vleisvarke
22 Okt
-
28,17
0,01
Wol (skoon)
22 Okt
-
166,76
-0,02
Kundiges
Vraag

06 Okt.

Biosekuriteit: Só werk 'n geslote kudde
Wanneer word ‘n kudde as "geslote" beskou"? Watse diere mag ingebring word/al dan nie? Hoe lank moet die kudde bedryf word voor dit ‘n geslote kudde kan wees?
Antwoord 272 keer gelees
Kundige
Veearts

06 Okt.

Wanneer word 'n kudde as "geslote" beskou"? 

Biosekuriteit is die som van al die bestuursmaatreëls wat in plek gestel word om die risiko te beperk om siektes in ‘n kudde in te bring. Dit bestaan gewoonlik uit 3 aparte aksies en onderafdelings wat baie keer met mekaar vervleg is naamlik: bio-uitsluiting, bio-beperking (in kompartemente) en bio-bestuur. Een van die aksies om aan bogenoemde te kan voldoen is om ‘n kudde geslote te hou.

Kommersiële hoender en varkplase in Suid-Afrika is redelik geslote. ‘n Ware geslote kudde sal glad nie die inbring van diere van buite af wat nie op die plaas gebore en grootgemaak is toelaat nie en sal ook sover moontlik alle moontlike bronne vanwaar siektes oorgedra kan word elimineer. ‘n Geslote kudde sal geen kontak met lewendehawe of wild selfs by die grensdraad toelaat nie en besoekers sal slegs toegelaat word waar geen diere is nie. Veeartse en ander persone wat wel in die vark-of hoenderbehuising moet werk sal slegs toegelaat word nadat hulle gestort en beskermende klere gewoonlik deur die eienaar verskaf aangetrek het.

‘n Kudde kan dalk geneties geslote wees, met ander woorde slegs diere wat geteel word (natuurlik of deur kunsmatige inseminasie) op die plaas word daar toegelaat. Sou mens nuwe diere aankoop of selfs ‘n draai by ‘n skou gaan maak en jou diere weer terugbring na die plaas is die kudde nie meer geslote nie. Selfs as jou buurman kom kuier en sy hond kom saam en urineer erens op jou plaas is jou kudde nie meer geslote nie – die buurman se hond mag ‘n draer van onder andere leptospirose wees. As jou buurman met swart of blouwildebeeste boer en daar is veral tydens hulle kalfseisoen erens langs die lyndraad kontak met jou beeste is jou kudde nie geslote nie – snotsiekte is ‘n groot moontlikheid in jou kudde.

So ook vir kontak tussen beeste by die lyndraad of ‘n gemeenskaplike drinkplek – deur druppelbesmetting mag dalk BVD of een van die ander siektes wat deur druppelbesmetting oorgedra word na jou beeste oorgedra word. Dieselfde geld vir oordraging van siektes deur die twee- en drie-gasheer bosluise wat deur wild, hase, skilpaaie, vlakvarke ensovoorts oorgedra kan word. Besoekers soos skool- of studiegroepe moet ook liefs nie op jou plaas toegelaat word nie, veral daar waar hulle in kontak met jou diere kan kom. Sou dit toegelaat word is die kudde nie meer geslote nie.

Net soos ‘n koei nie half-dragtig kan wees nie kan ‘n kudde nie half geslote wees nie. Ten spyte van al die ander faktore hierbo genoem kan mens egter streef om die kudde so geslote moontlik te hou deur geen nuwe diere op die plaas toe te laat nie. Sou diere aangekoop moet word moet hulle aan streng kwarantynvereistes onderwerp word. Besoekers aan die diere moet tot ‘n minimum beperk word. Daar moet selfs in ‘n geslote kudde ‘n strategiese en effektiewe immunisasieprogram opgestel in samewerking met jou kuddeveearts opgestel word, getrou nagevolg word en jaarliks hersien word. 


 Watse diere mag ingebring word/al dan nie?
 Verkieslik moet geen diere van buite ingebring word nie. Sou dit egter nodig wees is die ideaal om ‘n getekende skriftelike verklaring van gesondheid deur die verkoper se veearts te laat opstel en daarna moet diere vir 21-30 dae tenminste 50-meter weg van die bestaande kudde aangehou en indien nodig getoets en ge-immuniseer word alvorens hulle toegelaat word om met die bestaande kudde te meng. 

Hoe lank moet die kudde bedryf word voor dit n geslote kudde kan wees? Indien ons alles in ag neem wat hierbo genoem is, sal ‘n kudde nooit as tenvolle geslote geklassifiseer kan word nie. Geneties dalk wel maar dit sal baie moeilik wees om ‘n kudde veral wat aansteeklike siektes betref as totaal geslote te verklaar. 

Geskryf deur: Dr. Chris van Dijk, Spesialis Veearts, dairyvetza@outlook.com.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
14.85
-0.7%
Rand - Pond
20.48
+0.8%
Rand - Euro
17.30
+0.6%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.5%
Rand - Jen
0.13
+0.5%
Goud
1,793.03
0.0%
Silwer
24.33
0.0%
Palladium
2,023.00
0.0%
Platinum
1,043.50
0.0%
Brent-ruolie
85.53
+1.1%
Top-40
60,525
+1.7%
Alle aandele
67,051
+1.5%
Hulpbronne 10
62,969
+2.5%
Industriële 25
86,659
+1.4%
Finansiële 15
13,849
+0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Happy go lucky
Sense humour witty funny just enjoy being me enjoy each and every day to best I can and take it ad it comes
Passievol om n Roman te skryf😉WHITE'S ONLY
WHITES ONLY Eks passievol vir die lewe, diere en mense. Ek glo in dra die Vrugte vd Gees elke dag, om te lag en mense gelukkig te sien. Eks eerlik en opreg! Wanneer ek liefhet...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot