Kundiges
Soek in kundiges
Dieregesondheidsprogram vir vleisbeeste in die Karoo
Ek benodig ‘n basiese dieregesondheidsprogram vir my beeste in die Karoo.
Vleisbeesproduksie is oor die algemeen ‘n laer risiko bedryfstak as kleinvee. Onvrugbaarheid kan egter groot skade berokken en lank vat om reg te stel.
Die gemiddelde beesboerdery in die Karoo is klein en dikwels word daar net een of twee bulle gebruik in ‘n kudde van 50 koeie.
Dit is daarom uiters belangrik om te verseker dat die bulle vrugbaar en geslagsgeskik is voor die paarseisoen. Ons toets elke jaar ‘n paar bulle wanneer ons tydens dragtigheidsondersoeke ontdek dat daar geen kalwers gebore gaan word nie of na die kalfseisoen wanneer geen of net ‘n paar koeie gekalf het nie.
Dit is egter te laat en die produksie is reeds verlore.
Ons het die afgelope maand op tien plase bulle getoets en daar was op elke plaas ten minste een bul wat nie geslagsgeskik was nie. Dit kan ‘n verlies van 10 tot 20 kalwers vir die volgende kalweroes beteken.
Ons beveel aan dat bulle op 1 Januarie by koeie gesit word wat ons dus nog vier tot vyf weke kans gee om bulle reg te kry of te vervang.
Gesels gerus met ons indien u bulle wil laat ondersoek.
Wenke om ‘n sukses van die beeskudde te maak:
1. Stel ‘n vaste paarseisoen in. Dit kan baie gou ingestel word deur die koeie op 15 Mei te ondersoek vir dragtigheid en dan al die droë koeie uit te haal en by die verse te laat loop. Dan word die bulle op 1 November geskuif na die verse toe. Op 1 Januarie word die verse en koeie in een trop gejaag.
2. Koop bulle van koeie wat ten minste al vier keer gekalf het met ‘n tussenkalfperiode van 360 tot 380 dae.
3. Koop bulle met klein geboortegewig en groot testes.
4. Weeg vervangingsverse op speenouderdom (6 tot 7 maande). Weeg hulle daarna elke maand en maak seker hulle bereik 65% to 70% van verwagte volwasse massa (300 tot 350kg) op eerste paar ouderdom. (15 of 27 maande oud). Trek elke jaar ‘n grafiek.
5. Koeie behoort op kondisietelling drie of meer te wees wanneer hulle kalf.
6. Verse kan op 12 maande ouderdom gemeet word om die verse met die kleinste geboortekanaal te prul of terug te hou om later te paar.
7. Laat toets bulle vir geslagsgeskiktheid vier weke voor paartyd sodat foute betyds reggestel kan word.
Geskryf deur:
Dr. Johan van Rooyen en Span
Steynsburg – Dierehospitaal
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag