Kundiges
Soek in kundiges
Hoe om ‘n Brahman mak te maak
Hi
Ons het maar onlangs begin om met Brahmane te skou. Ek is al menige kere gestamp, geskop, gebyt, gelek en diep in die mis gerol.. Maar soos al die beesboere sal weet dis "LEKKER" as ’n bees terug kan stoei en jou lewe op daai oomblik hel maak.. (EK HOOP!!) My vraag is: Hoe maak ’n mens die Brahmane skou mak en selfs haltermak? Ek het al gehoor dat daar ouens is wat die Brahman met ’n halter aan ’n donkie vasmaak, dan hardloop die donkie agter die Brahman aan tot op ’n punt waar die donkie se hardkoppigheid inskop en hy gaan stil staan vir lewe en dood. Laatmiddag kom die donkie terug huis toe met die Brahman agterna.. Maar ek dink ons bulle is bietjie te groot vir net een donkie! As ons met die Brahmane werk en een breek los, dan wil ons die bees gaan haal met die geweer!

Daar bestaan natuurlik baie metodes/maniere om ‘n bees mak te maak en gereed te maak vir ‘n skou. Die belangrikste is om die bees se vertroue te wen en hom gewoond te maak aan sy hanteerder. Die metode wat die beste resultate lewer, is die volgende:
Stap 1 : Sit die bees in die drukgang, sit halter aan en borsel en hanteer hom in die drukgang. Doen dit vir ten minste 3 dae.
Stap 2 : Laat die bees vir die volgende drie dae in sy hok / kraal staan en borsel elke dag. Wees net kalm en moenie op hom skreeu of baie raas nie. Afhangende van die temperament van die bees kan stap 1 en 2 dalk langer neem.
Stap 3 : Haal die bees uit (met halter aan) en laat hom agter ‘n haltermakbees stap. Hou met hierdie proses aan totdat die bees mak is en gemaklik hanteer kan word. Laasgenoemde periode sal ook wissel na gelang van die bees se temperament.
Die belangrikste is, soos gesê, om die dier se vertroue te wen en nie seer te maak nie. Daarom, vermy alle geraas en dit is in die meeste gevalle nie nodig om ‘n neusring in te sit nie.
Geskryf deur dr. Hannes Dreyer, veekundige. E-pos: hannesdreyer@vodamail.co.za
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.

Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag