Kundiges
Soek in kundiges
Kalwers met skewe nekke gebore
Wat kan die oorsaak wees dat kalwers met skewe nekke gebore word? Hulle is gestremd, gaan goed aan vir ‘n week of drie en daarna gaan hulle dood.
Dit hang daarvan af of die nek misvormd is en of dit net die spiere is wat saamgetrek is.
As die bene van die nek misvormd is, het die probleem tydens die ontwikkeling van die fetus ontstaan.
Oorsake kan geneties wees of aan voedings, vergiftiging en selfs aan ‘n siekte, wat tydens die laaste trimester van dragtigheid opgedoen is, te wyte wees.
As die toestand slegs die spiere en senings aangetas het, is die oorsaak heelwaarskynlik ‘n siekte wat in die tweede trimester deur die fetus opgedoen is. Gewoonlik sien ons dit saam met artrogripose (sien skakel hieronder) in lammers waar ooie gedurende die tweede trimester met die lewende bloutongentstof ingeënt is.
Die toestand kan ook veroorsaak word indien dragtige diere deur Flavivirusse besmet is. Hierdie virusse affekteer gewoonlik die senuweestelsel, wat tot gevolg het dat die fetus nie genoegsaam in die baarmoeder beweeg nie en daartoe lei dat die spiere en senings saamtrek.
Eersdaags gaan ons ‘n artikel publiseer om te verduidelik hoe daarin geslaag is om ‘n lam met artrogripose te rehabiliteer.
‘n Nadoodse ondersoek op so ‘n kalf sal meer insig kan gee oor wat die oorsaak van die misvorming kon wees.
Geskryf deur Prof. Rhoda Leask
Fakulteit Veartsenykunde
Universiteit van Pretoria
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.40
-1.2%
Rand - Pond
19.84
-1.0%
Rand - Euro
16.72
-0.6%
Rand - Aus dollar
11.53
-0.1%
Rand - Jen
0.12
-1.7%
Goud
1,774.64
-1.5%
Silwer
20.16
-3.2%
Palladium
2,152.00
-3.4%
Platinum
934.50
-3.3%
Brent-ruolie
98.15
-1.5%
Top-40
64,054
+0.1%
Alle aandele
70,761
+0.0%
Hulpbronne 10
63,353
-1.1%
Industriële 25
86,991
+0.5%
Finansiële 15
16,146
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag