AFGRI
BEAN
20 Me
-
9822
0,00
CORN
20 Me
-
4913
0,00
SOYA
20 Me
-
8967
0,00
SUNS
20 Me
-
10776
0,00
WEAT
20 Me
-
8308
0,00
WMAZ
20 Me
-
4576
0,00
YMAZ
20 Me
-
4700
0,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
06 Me
-
160,8
-7,25
Ave Wool - RWS
06 Me
-
174,68
-4,85
Beeste A2/3
06 Me
-
60,14
-2,17
Beeste AB2/3
06 Me
-
56,59
-3,15
Beeste B2/3
06 Me
-
52,44
-1,74
Beeste C2/3
06 Me
-
48,5
-0,86
Bevrore Hoender
06 Me
-
30,3
-0,79
Bokkies (onder 30 kg)
06 Me
-
56,61
-2,64
Bokooie
06 Me
-
42
-6,53
Groot (meer as 40 kg)
06 Me
-
46,33
3,12
Hoender (IQF)
06 Me
-
28,57
-1,01
Medium (30-40kg)
06 Me
-
49,21
-6,68
Pork Average
06 Me
-
26,81
-0,64
Poultry Average
06 Me
-
30,07
-0,70
Skaap A2/3
06 Me
-
94,59
-0,51
Skaap AB2/3
06 Me
-
78,32
-0,43
Skaap B2/3
06 Me
-
75,11
-0,40
Skaap C2/3
06 Me
-
70,66
-0,03
Speenkalf
06 Me
-
37,88
-0,38
Spekvarke
06 Me
-
27,28
-0,35
Stoorlammers
06 Me
-
46,33
-0,96
Varkwors
06 Me
-
21,26
-0,68
Vars Hoender
06 Me
-
31,34
-0,30
Vleisvarke
06 Me
-
26,75
-0,66
Kundiges
Vraag

06 Mei

Koeibestuursprogram in die Steynsburg-omgewing
Ek boer met beeste in die Steynsburg-omgewing, en moet die koeie se kalfpersentasie verbeter. Het julle raad vir my?
Antwoord
Kundige
Veearts

06 Mei

Die bestuur van ‘n koeikudde word dikwels afgeskeep op skaapplase. Predasie van skape en diefstal het egter baie boere gedwing om die bees bedryfstak te vergroot en selfs heeltemaal oor te slaan na beesboerdery. 

Koeie skep heelwat unieke uitdagings: Hulle benodig baie meer water as skape en moet dikwels in die winter baie lek ontvang om hulle kondisie te behou vir kalftyd. As hulle te maer word in die winter vat hulle langer om volgende keer weer in kalf te kom. Hulle is dragtig vir 9 maande en moet binne 12 maande weer kalf sodat hulle elke jaar in die “regte” seisoen kalf. 

‘n Tussenkalfperiode van 365 dae of minder is dus noodsaaklik. Indien koeie nie binne 100 dae na kalwing weer dragtig is nie, sal die kalfseisoen al hoe later word. Ons kry dikwels dat die kalftyd bietjie later word elke jaar tot daar skielik ‘n drastiese afname in die kalfpersentasie voorkom. Dit is dus baie belangrik om koeie so te bestuur dat die kalfpersentasie so hoog as moontlik bokant 90% gehandhaaf word en dat 80% van koeie binne 2 siklusse of 42 dae klaar kalf. 

Koeie behoort in ‘n kondisietelling van 3,5 (uit 5) te wees wanneer hulle kalf om te verseker dat hulle nie te veel kondisie verloor tydens laktasie nie. Indien koeie onder kondisitelling 2 val tydens laktasie, is kanse goed dat sy nie weer in kalf sal wees nie of baie later sal kalf. Indien bogenoemde mikpunte nie behaal word nie, moet daar dringend regstellings kom om winsgewend te bly. Kalfpersentasies van 80% en minder is nie volhoubaar nie en die produksie sal bly agteruitgaan omdat daar nie voldoende vervangingsverse sal wees nie en koeie te oud sal word. 

 Die bestuur van reproduksie in beeste, staan op 2 pilare: 

1. Gesonde vrugbare bulle wat geneties sal bydra tot vrugbaarheid. Bulle behoort van koeie te kom met ‘n tussenkalf periode so na as moontlik aan 365 dae. Hulle testesgrootte en eie kalfgewig sal verder aanduidings wees van hulle genetiese vrugbaarheid. 

Bulle moet ook vry wees van Brusellose, Trichomonose en Vibriose om aborsies en swak konsepsies te voorkom. 

2. Koeie wat in die regte kondisietelling is om elke jaar ‘n goeie speenkalf te lewer. Dit mag byvoeding benodig en dit is daarom belangrik om koeie wat dit nie benodig nie te identifiseer en voor die winter te verwyder uit die kudde. 

Die kostebesparing is ‘n balangrike rede waarom dragtigheidsondersoeke gedoen moet word voordat koeie begin kondisie verloor. Droë koeie moet ook verkoop word voordat hulle gewig verloor in die winter. Ons het in ‘n vorige nuusbrief verduidelik waarom dit belangrik is om nie die bulle die heeltyd by die koeie te laat loop nie. Die voorafgaande 2 belangrike pilare kan nie behaal word as die bulle nie uitgehaal word nie. 

Dit is nodig om die paarseisoen nie langer as 63 tot 84 dae te laat word nie. Meeste boere paar van 1 Januarie af en dit word geredelik aanvaar as die beste paartyd maar sommige kuddes word eers in Februarie of Maart gepaar. Koeie word vir dragtigheid ondersoek 42 dae na die bulle uitkom wat beteken dat die koeie in Mei ondersoek word. U kan nou die bulle uithaal. Ons bied ‘n diens aan om u koeie te ondersoek en te klas volgens die tydperk wat hulle dragtig is (6 weke, 2, 3 ,4 of 5 + maande) en ook kondisietelling (1, 2, 3, 4, 5). Dit maak dit moontlik om die koeie op te deel in troppe wat doelgerig bestuur kan word. 

Dit sal bydra tot ‘n verkorting van die kalfseisoen en verbetering in konsepsie in die volgende paarseisoen. Koeie wat volgens kondisietelling verdeel word sal ook besparing op lekke en ander voere moontlik maak, Luise is toenemend ‘n problem wat in die winter voorkom en word dikwels te laat behandel om te voorkom dat koeie kondisie verloor. 

Dragtigheidsondersoeke is ook die ideale geleentheid om koeie voorkomend te behandel teen luise asook om Vitamine A en die jaarlikse Spons- en Miltsiekte inenting te spuit. Indien dragtigheidsondersoeke gedoen word terwyl kalwers nog by die koeie loop, is dit ‘n goeie geleentheid vir ons om vir u ‘n gesondheidsertifikaat uit te reik vir die bemarking van die kalwers en droë koeie. Die uitslae van die dragtigheidsondersoek en ontleding van die maand van kalwing patroon kan ook vir ons ‘n aanduiding gee van die teenwoordigheid van siektes of ander faktore wat vrugbaarheid beïnvloed. 

Die ander twee geleenthede waartydens ons met u beeste werk (bultoets en verse ondersoek vir pelvisgrootte) gee ons dus ‘n volledige beeld van die beeskudde en ons kan gesondheidsertifikate (vendor declaration – verkopersverklaring) uitreik soos benodig vir veilings en voerkrale. Ons wil ook sterk aanbeveel dat u aandag gee aan die vrugbaarheid van bulle aangesien ons al meer uitbreke van geslagsiektes sien soos wat beesboerdery meer word. Indien u nog nie ‘n kuddegesondheid en produksieprogram van ons ontvang het nie, skakel gerus en vra vir ons standaardprogram of kom sien my om ‘n spesifieke program saam met u op te stel. 

Kom ons benut die goeie jaar om die beeskuddes se bestuur op ‘n hoër vlak te plaas vir die toekoms. 

Geskryf deur: Dr Johan A van Rooyen, Steynsburgdierehospitaal (Kuddegesondheidspesialis) admin.sdh@nokwi.co.za
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.77
+0.7%
Rand - Pond
19.69
-0.0%
Rand - Euro
16.65
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.09
+0.1%
Rand - Jen
0.12
-0.0%
Goud
1,846.66
0.0%
Silwer
21.76
0.0%
Palladium
1,970.00
0.0%
Platinum
958.50
0.0%
Brent-ruolie
112.55
+0.5%
Top-40
61,000
-1.2%
Alle aandele
67,575
-1.0%
Hulpbronne 10
72,529
+1.6%
Industriële 25
72,948
-3.9%
Finansiële 15
15,746
+0.1%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Ek soek iemand met wie ek kan gesels en dinge saam doen.
Ek hou van die natuur, kamp, visvang ek dans graag sokkie & boere musiek. Ek gaan kyk ook graag motor sport, lugskoue. Ek geniet ook die see. Ek kan kosmaak het nie n vrou...
Opsoek na my Camping partner
Ek is spontaan , het baie lus vir die lewe . Ek geniet mense , en is altyd daar om te help , ek voel in my hart ek is "1 of a kind".
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot