AFGRI
BEAN
27 Jan
-
8255,6
255,60
CORN
27 Jan
-
3802
86,00
SOYA
27 Jan
-
8065
177,00
SUNS
27 Jan
-
8970,2
37,20
WEAT
27 Jan
-
6003
15,00
WMAZ
27 Jan
-
3590
32,00
YMAZ
27 Jan
-
3700,8
50,80
AMT
Beeste A2/3
14 Jan
-
56,61
2,35
Beeste AB2/3
14 Jan
-
54,81
1,61
Beeste B2/3
14 Jan
-
52,96
1,07
Beeste C2/3
14 Jan
-
46,06
-1,62
Bevrore Hoender
14 Jan
-
28,5
-0,41
Bokkies (onder 30 kg)
14 Jan
-
62,54
1,93
Bokooie
14 Jan
-
44,21
0,09
Groot (meer as 40 kg)
14 Jan
-
48,55
2,07
Hoender (IQF)
14 Jan
-
26
-1,55
Medium (30-40kg)
14 Jan
-
52,27
3,21
Pork Average
14 Jan
-
27,97
0,34
Poultry Average
14 Jan
-
27,83
-1,03
Skaap A2/3
14 Jan
-
83,51
-0,65
Skaap AB2/3
14 Jan
-
76,19
-0,44
Skaap B2/3
14 Jan
-
74,22
1,03
Skaap C2/3
14 Jan
-
69,25
-0,28
Speenkalf
14 Jan
-
40,35
-0,21
Spekvarke
14 Jan
-
27,93
-0,20
Stoorlammers
14 Jan
-
40,66
-0,02
Varkwors
14 Jan
-
22,58
0,42
Vars Hoender
14 Jan
-
29
-1,13
Vleisvarke
14 Jan
-
27,96
0,36
Wol (skoon)
14 Jan
-
172,35
-8,38
Kundiges
Vraag

13 Jan.

Polio-enkefalo-malasie (PEM) in herkouers
Wat veroorsaak Polio-enkefalo-malasie in herkouers?
Antwoord 195 keer gelees
Kundige
Veearts

13 Jan.

Polio-enkefalo -malasie (PEM) in skape, bokke en beeste kom voor wanneer breinselle doodgaan. Oorsake: In die verlede was die beskouing dat PEM veroorsaak word deur ‘n tiamien (vitamien B 1)-tekort. 

Die siekte word gekenmerk deur senuweesimptome. Vandag weet ons dat daar vele ander oorsake is. Die siekte kom sporadies voor in veral jong, goedgevoerde kalwers en lammers. 

Tekorte word veroorsaak deurdat daar te min vitamien B 1 in die dieet is of deurdat die vitamiene in die kos van die diere deur tiaminase afgebreek word. 

Normaalweg is tekorte onwaarskynlik omdat genoegsame hoeveelhede tiamien teenwoordig is in plante, veral in sade, giste en melk. Onder normale omstandighede word daar genoeg tiamien in die rumen van herkouers vervaardig indien die ruvoerinname goed gebalanseerd is. 

‘n Belangrike vereiste is dat daar genoegsame hoeveelheid maklik verteerbare koolhidrate teenwoordig moet wees. In enkelmaagdiere word tiamien in die dermkanaal deur bakterieë vervaardig. 

Dit is ook die geval in jong kalwers en lammers. Daar word egter nie genoeg vervaardig vir optimale produksie nie en daarom moet aanvullings dan gegee word in die byvoeding. 

Die koksidiostaat amprolium is ‘n tiamienantagonis (tiaminase) en die antagonis word ook geproduseer deur sekere plante, bakterieë, swamme en visse. As rou vis in die dieet van karnivore ingesluit word, word tiamien vernietig deur die hoë konsentrasie van tiaminase. 

Hoë konsentrasies van tiaminase word ook in adelaarsvaring (Pteridium aquilinum) en perdestert (Equisetum arvense) gevind. Perde en varke wat van hierdie plante vreet, kan ook senuweesimptome ontwikkel. Perde wat ook groot hoeveelhede rape (Beta vulgaris) gevoer is, sonder graanbyvoeding, het PEM ontwikkel. Nog plante wat tiaminase bevat, is Equisetum ranossinum, Malva parviflora (kiesieblaar), Penisetum clandestinum (kikoejoegras) en Medicago sativa (lusern). 

In lammers wat swak groei vertoon het, is daar ook hoër tiaminase-aktiwiteit gevind. Deur hulle tiamienaanvulling te gee, het groei dramaties verbeter. Waar skape op skepe vervoer is van Australië na die Midde-Ooste, is daar ook verlaagde tiamienwaardes in skape, wat gevrek het, gevind. 

Sekere rumenmikrobes mag ook die afbreek van tiamien veroorsaak. Voorkoms van tiamientekorte kom ook dikwels voor in kalwers, 6 tot 18 maande oud, wat hoë konsentrate sonder genoegsame ruvoer gevoer word. PEM kom ook voor in skaap- en boklammers van 2 maande oud en word geassosieer met melkvervangingsdiëte. In ouer bokke gaan dit saam met konsentraatvoeding. Die inname van sulfate in diere se kos en water mag ook die afbreek van tiamien veroorsaak. 

Kliniese tekens

Die volgende kliniese tekens mag waargeneem word: skielike blindheid, balansversteuring, diere val rond, stoot met die kop, bewerasie van die kop en nek, oorbewegings, spiersametrekkings, kan nie staan nie, rumensametrekkings aanvanklik normaal, pupille gewoonlik normaal, oë beweeg heen en weer, vrektes binne 24 tot 48 uur. As sulfaatvergiftiging betrokke is, kan waterstofsulfiedgas in die rumengas geruik word. 

Nadoodse ondersoek

Die brein van die dier is geswel en die groewe van die brein is afgeplat. Sekere areas van die brein se wit- en grysstof fluoriseer. 

Ander siektes wat net soos PEM lyk (differensiële diagnose) 

Beeste 

Loodvergiftiging

Vitamien A-tekort; Histophilus (bakterieë) wat breinvlies- en breinontsteking veroorsaak. 

Skape

Domsiekte; bloednier (Clostridium perfringens tipe D); Fokale simmetriese enkefalo-malasie (FSE); loodvergiftiging. 

Bokke 

Bok leuko-ensfalomiëlitis 

Brein- en breinvliesontsteking veroorsaak deur Listeria bakterieë 

Bloednier (Clostridium perfringens tipe D bakterieë) 

Loodvergiftiging 

Behandeling 

Kontak jou veearts en bespreek behandeling.

Tiamienhidrochloried word aan siek diere toegedien. Bestuur van ‘n uitbreek: Die diere se dieet moet ten minste 50% goeie ruvoer bevat of anders bereken: 1,5 kg ruvoer per 100 kg liggaamsgewig. 

 Tiamien moet by die rantsoen gevoeg word teen 50 mg per kg voer vir 2 tot 3 weke as voorkoming van die siekte. Indien daar reeds ‘n tekort aan tiamien ontwikkel het en diere op dieselfde rantsoen gehou gaan word, moet tiamien teen 20 tot 30 mg per kg voer in hulle rantsoen gegee word. 

Vermy aanvulling van sulfate in die kos en water. Diere wat ‘n hoë vlak van graan in die dieet ontvang, vervaardig nie genoeg tiamien in die rumen nie. Bakterieë wat Vitamin B 1 (tiamien) vervaardig, word deur suurpens vernietig. 

Geskryf deur dr. Faffa Malan, Veeartskonsultant (dokfaffa@nashuaisp.co.za

Bronne: De Wet, Jan en Bath, Gareth. 1994. Kleinveesiektes. Tafelberg-Uitgewers. ISBN 0 624 03203 5 Radostis, O.M, Gay, C.C, Hinchcliff, K.W and Constable, P.D. 2008. Elsevier. ISBN 978-0-7020-2777-2
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.39
-0.3%
Rand - Pond
20.65
+0.1%
Rand - Euro
17.25
-0.0%
Rand - Aus dollar
10.88
+0.3%
Rand - Jen
0.13
-0.3%
Goud
1,812.40
-0.4%
Silwer
23.16
-1.5%
Palladium
2,322.99
-0.5%
Platinum
1,025.00
-0.9%
Brent-ruolie
89.96
+2.0%
Top-40
66,046
-2.0%
Alle aandele
72,415
-1.9%
Hulpbronne 10
73,680
-2.1%
Industriële 25
89,710
-1.9%
Finansiële 15
14,664
-1.8%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek 'n maatjie pm hand aan hand deur die lewe te stap
Betroubaar en gedurig bereid om te help waar ek kan. Hou van kamovuur en braai. Gedurig besig om te vroetel in en om die huis in die tuin
Die lewe het n eindbestemming maar ek gaan eers die REIS geniet!
Ek wil n verskil maak in my wêreld, ek wil my lig skyn. Ek geniet my coaching beroep baie. Ek is spontaan hou van verassings, lief vir kuns, reis, fotografie en ek hou van...
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot