AFGRI
BEAN
07 Des
-
7536
0,00
CORN
07 Des
-
3717,6
9,60
SOYA
07 Des
-
7600
-13,00
SUNS
07 Des
-
10789,8
57,80
WEAT
07 Des
-
6195
-25,00
WMAZ
07 Des
-
3513
7,00
YMAZ
07 Des
-
3761,6
6,60
AMT
Beeste A2/3
26 Nov
-
54,24
-0,63
Beeste AB2/3
26 Nov
-
52,63
0,45
Beeste B2/3
26 Nov
-
50,32
0,23
Beeste C2/3
26 Nov
-
47,11
0,09
Bevrore Hoender
26 Nov
-
28,88
0,13
Bokkies (onder 30 kg)
26 Nov
-
62,18
-0,18
Bokooie
26 Nov
-
45,29
4,41
Groot (meer as 40 kg)
26 Nov
-
45,42
4,21
Hoender (IQF)
26 Nov
-
27,42
0,12
Medium (30-40kg)
26 Nov
-
57,4
8,84
Pork Average
26 Nov
-
28,41
-0,07
Poultry Average
26 Nov
-
28,82
0,11
Skaap A2/3
26 Nov
-
85,3
-0,27
Skaap AB2/3
26 Nov
-
76,69
-0,67
Skaap B2/3
26 Nov
-
72,23
-0,44
Skaap C2/3
26 Nov
-
69,96
-0,48
Speenkalf
26 Nov
-
41,14
-0,16
Spekvarke
26 Nov
-
29,41
0,01
Stoorlammers
26 Nov
-
44,39
0,84
Varkwors
26 Nov
-
23,5
0,04
Vars Hoender
26 Nov
-
30,18
0,10
Vleisvarke
26 Nov
-
28,44
0,06
Wol (skoon)
26 Nov
-
175,29
-0,07
Kundiges
Vraag

08 Okt.

Prosedure vir die uitvoer van diere
Ek wil graag Boerbokke uitvoer na die Midde-Ooste, watter prosedure moet gevolg word?
Antwoord 171 keer gelees
Kundige
Veearts

08 Okt.

Twee kundiges bied antwoorde op dié vraag.  

 Antwoord 1: Ek dink die beste plek om te begin, is om kontak met jou lokale Staatsveearts te maak. Hy moet aan die einde van die proses sy/haar handtekening op die permit sit en sal dit nie doen as alles nie korrek gedoen is nie. 

Met alle uitvoere wat ek doen, raadpleeg ek eers die Staatsveearts oor die protokol en maak seker dat hy/sy deurentyd ingelig bly en saamstem met alle toetse wat gedoen word. Hulle skakel ook soms met die Staatveearts van die uitvoerland indien daar onduidelikheid oor die invoerprotokol is. Hulle skakel ook met die uitvoeragente. 

Sodoende voorkom jy dat 'n permit nie geteken word 2 of 3 dae voordat die diere moet vertrek en daar alreeds vragmotors regstaan om te laai. Komende van my wat dit al oorgekom het jare terug! Verder wil ek jou ook aanraai om 'n volledige kosteberaming van alle werk en laboratoriumtoetse te doen, die geld te laat inbetaal en dan eers met die proses te begin! 

Ek het destyds gesit met 'n rekening van R30 000 se laboratoriumkoste wat nooit deur die agent aan my oorbetaal is nie. 

Geskryf deur dr. Albert van Zyl, Heidelberg, Wes-Kaap (dierekliniek@intellect.co.za

 Antwoord 2: 

Ek stem saam met Dr. Albert van Zyl dat jy in noue kontak met jou plaaslike Staatsveearts moet werk, maar die begin punt is altyd om te WEET wat die invoerland wil hê, m.a.w. ‘n invoerpermit wat deur hul Veterinêre Owerhede uitgereik word. 

Die EU reik Annexe uit en Amerika werk ook bietjie anders, maar ‘n invoerpermit is gewoonlik die roete wat meeste invoerende lande volg. Hierdie invoerpermitte word gewoonlik onderhandel deur die Veterinêre Owerhede van beide lande totdat daar ooreenstemming oor die vereistes is. 

Dit is dan die invoerder se verantwoordelikheid om aansoek te doen by hul land se Veterinêre Owerhede vir so invoerpermit. Sodra die invoerder die invoerpermit bekom het en die vereistes aan die uitvoerder bekend maak, kan die privaatveearts, die kliënt (uitvoerder) en die plaaslike Staatsveearts (asook agent indien van toepassing) om ‘n tafel sit en al die vereistes van die invoerpermit bespreek, hoeveel dit gaan kos, die tydberekening, ensovoorts sodat almal op presies dieselfde bladsy is. 

 Sover ek verstaan mag die plaaslike Staatsveearts gewoonlik nie (behalwe in baie spesifieke omstandighede) kontak maak met oorsese veterinêre owerhede nie – dit is waarvoor ons nasionale kantoor daar is en hulle het gewoonlik ook die beste kontakte en weet presies met wie om te gesels in die invoerende land sodat daar geen misverstande is nie. 

 Net ‘n waarskuwing - moet asseblief nie werk op vereistes op ‘n nie-geldige permit wat dalk vir ‘n vorige besending uitgereik is nie – invoervereistes kan letterlik binne ‘n dag verander. Jy loop die gevaar dat al jou toetse gebasseer is op ou vereistes en dat die besending sodoende afgekeur word. 

Maak seker daar is ‘n geldige permit (maak seker van die datums) met duidelike vereistes en indien jy onseker is oor enige iets, kontak die Nasionale Kantoor sodat hulle dit kan uitpluis met die invoerende land. Kontakbesonderhede een van die Staatsveeartse by die Invoer Uitvoer 


Geskryf deur: 
 Dr. Chantelle Erwee 
 Tegniese Bestuurder: Herkouers, Zoetis 
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
15.89
+0.2%
Rand - Pond
21.10
+0.1%
Rand - Euro
17.94
+0.2%
Rand - Aus dollar
11.27
-0.4%
Rand - Jen
0.14
+0.4%
Goud
1,782.99
+0.2%
Silwer
22.44
+0.2%
Palladium
1,867.28
+0.7%
Platinum
951.00
+1.0%
Brent-ruolie
73.08
+4.6%
Top-40
65,323
+1.1%
Alle aandele
71,775
+1.1%
Hulpbronne 10
68,170
+1.1%
Industriële 25
94,585
+1.3%
Finansiële 15
14,159
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Soek buitelyg maat
Ek is maar net ek lief vir die buite lewe leer my ken en jy het n vriend for life
Ek us ma net ek
Ek is maar net ek. Hou van die buite lewe, sport, musiek, hou daarvan om saam familie en vriende te kuier, avontuurlustig, spontaan, staat maker, opreg, vat nie nonsins nie....
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot