AFGRI
BEAN
28 Jun
-
9652
181,00
CORN
28 Jun
-
4744,6
72,60
SOYA
28 Jun
-
8890
98,00
SUNS
28 Jun
-
10395
245,00
WEAT
28 Jun
-
7438
92,00
WMAZ
28 Jun
-
4357,4
-22,60
YMAZ
28 Jun
-
4370
-19,00
AMT
Ave Wool - Non RWS
10 Jun
-
164,91
0,00
Ave Wool - RWS
10 Jun
-
180,07
0,00
Beeste A2/3
17 Jun
-
60,81
0,68
Beeste AB2/3
17 Jun
-
57,66
-0,12
Beeste B2/3
17 Jun
-
53,3
0,03
Beeste C2/3
17 Jun
-
46,86
-0,48
Bevrore Hoender
17 Jun
-
31,45
0,54
Bokkies (onder 30 kg)
17 Jun
-
62,89
-5,12
Bokooie
17 Jun
-
49,59
-12,82
Groot (meer as 40 kg)
17 Jun
-
39,71
-6,55
Hoender (IQF)
17 Jun
-
30,12
0,45
Medium (30-40kg)
17 Jun
-
57,81
0,73
Pork Average
17 Jun
-
27,18
0,03
Poultry Average
17 Jun
-
31,15
0,47
Skaap A2/3
17 Jun
-
103,83
-1,38
Skaap AB2/3
17 Jun
-
83,52
-3,96
Skaap B2/3
17 Jun
-
78,12
-3,21
Skaap C2/3
17 Jun
-
74,62
-2,28
Speenkalf
17 Jun
-
36,4
0,23
Spekvarke
17 Jun
-
28
-0,11
Stoorlammers
17 Jun
-
52,94
-0,58
Varkwors
17 Jun
-
22,43
0,09
Vars Hoender
17 Jun
-
31,88
0,43
Vleisvarke
17 Jun
-
27,15
0,08
Kundiges
Vraag

22 Feb.

Weerlig en die gedrag van aasvreters by karkasse van diere wat deur weerlig doodgemaak is
Daar is mense wat beweer dat diere soos jakkalse en aasvoëls nie die vleis sal aas van ’n dier wat deur weerlig geslaan is nie - is dit waar? As dit is, waarom sal hulle nie aan die dier vreet nie? Gegewe dat hy opblaas en styf raak en dat geen aasdier hom moontlik vreet nie - ontbind hy vinnig of vat dit buitengewoon lank?
Antwoord 216 keer gelees
Kundige
Veearts

22 Feb.

Ons het hier met meer as een vraag te doen, waarop meeste nie klinkklare, wetenskaplik-bewese antwoorde het nie en derhalwe op oorvertellings en op observasies gegrond word. 

Die artikel wat die meeste lig op hierdie onderwerp werp, is dié van Ryan Blumenthal, ’n senior spesialis in Forensiese Geneeskunde aan die Universiteit van Pretoria, wat in Julie 2014 in volume 66 van Vulture News verskyn het: 

An adult giraffe was struck dead by lightning on a game farm outside Phalaborwa, South Africa in March 2014. Interestingly, delayed post-mortem predation occurred on the carcass, which according to the farm owners was an atypical phenomenon for the region. Delayed post-mortem scavenging on lightning strike carcasses has been anecdotally reported from time to time, although no formal studies have confirmed this phenomenon. The purpose of this article is to raise awareness of this phenomenon, with the view of more meticulous and scientific observations in future case studies. 

Die moeite wat gedoen was om die oorsaak van dood vas te stel en te bevestig, en daarna die “indiepte waarneming” van die aasdiere se gedrag, is merkwaardig en skep ‘n standaard vir toekomstige ondersoeke. Hoe meer ek oor hierdie onderwerp oplees, hoe meer besef ek hoe min inligting hieroor beskikbaar is en hoe min ons eintlik daaroor weet. 

Daar is baie wat beweer dat diere soos jakkalse  en aasvoels nie die vleis sal aas van 'n dier wat deur weerlig geslaan is nie - is dit waar? 

 Dit is nie heeltemal waar nie. Aasdiere vreet aan sulke karkasse, maar wel selektief, meestal eers na ‘n paar dae, en in baie gevalle slegs gedeeltelik. Die mite kom al geslagte lank en die observasie dat die diere wat normaalweg aas, nie dadelik hieraan vreet nie, het myns insiens tot ‘n wanpersepsie gelei. Ek gaan die konsep van vertraagde aasvreet laer af in meer besonderhede probeer verduidelik. Ek het al aanbeveel dat vleis van diere wat vermoedelik deur weerlig doodgeslaan is, aan roofdiere by teelsentrums en wildplase gevoer word, sonder om enige negatiewe terugvoer hieroor te kry. 

 Ek gebruik die woord “vermoedelik”, omdat diere wat deur weerlig gedood word min duidelike nadoodse letsels toon en dit werklik baie moeilik is om so ‘n diagnose te bevestig. Weerlig en slangbyt word derhalwe dikwels verkeerdelik en “anekdoties gediagnoseer”. Hoewel Bloementhal se skrywe oor ‘n kameelperd wat naby Phalaborwa deur weerlig gedood is handel, bevat dit ook ander waardevolle inligting. 

Hy verwys onder meer na ‘n klomp beeste wat in Middelburg deur weerlig gedood is en aan leeus, hiënas, luiperds en ander katte (“panthers”) by ‘n plaaslike roofdiersentrum gevoer is, sonder enige nagevolge. Van die vleis in hierdie geval is ook gevries en later eers gebruik. 

 Wat my aanbetref is die belangrikste observasie in die Blumenthalgeval dat aasdiere (aasvoëls en hiënas) eers na 5 dae aan die karkas begin vreet het en toe wel ook “langtand” slegs aan sekere dele gevreet het. In Januarie, 2018 beskryf Shaun D’Araujo van Londolozi ‘n geval waar 2 seekoeie (en visse) in alle waarskynlikheid deur weerlig gedood is en waar “vertraagde aasvreet” deur aasvoëls ook gesien is. 

 Aasvoëls en 7 hiënas was binne ‘n paar ure nadat die diere dood is, op die toneel opgemerk, maar het nie dadelik aan die karkasse begin vreet nie. Krokodille het kort na die voorval “om die beurt” die eerste karkas verorber, terwyl daar eers na ‘n paar dae aan die tweede dier gevreet is. 

Krokodille, leeus en hiënas het almal aan die karkasse gevreet, met die volgende opmerking wat oor die aasvoëls geskryf word: “As you read this, the vultures that have waited their turn for almost a week have finally got their turn, and are moving in to salvage what carrion they can…” 

Ons kan hier ook spekuleer dat die aasvoëls in hierdie geval, as gevolg van die diere betrokke en die ligging van die karkasse in die water, die risiko om deur die krokodille gevang te word opgeweeg het teenoor hul eie honger… 

 Vir my is hierdie nie toeval, of dat hulle “hul beurt afgewag het” nie, maar in alle waarskynkikheid, soos by die kameelperd, ‘n geval van “vertraagde aasvreet”, wat met gevalle van weerligtref gesien word. 

As dit is, waarom sal hulle nie aan die dier vreet nie? 

Die stelling dat aasdiere nie aan sulke karkasse vreet nie, is nie as sulks waar nie. Veranderde vreetpatrone en vertraagde aasvreet is myns insiens iets waarop toekomstige navorsing gerig behoort te word. In twee gevalle waarmee ek te doen gehad het (een waar 5 volstruise, en die ander waar 7 verse deur weerlig gedood is) bly die eienaardige swaelreuk my by. Toe ek my vrou van hierdie navraag vertel, was haar eerste woorde: “onthou jy hoe daardie beeste gestink het”? 

 Blumenthal praat van “an unusual ammonia-like smell” en verwys ook na ‘n swart verkleuring aan die kop en nek wat kort na die dood van die kameelperd opgemerk is. Hy verwys verder in sy skrywe na swart verkleuring (“black fermentation”) en na “bottersuur fermentasie” (“butyric fermentation”) wat eers later in die ontbindingsproses by mense gesien word, maar by die kameelperd reeds kort na sy dood opgemerk is. 

 Ek het  raakgelees dat die hoeveelheid “elektrisiteit” wat met weerlig deur ‘n dier se liggaam gaan, rofweg 1000000 volt kan bereik en dat dit ‘n smaak van “verkoolde vleis” afgee wat vir aasdiere afstootlik is. Daar is ook verskeie verwysings wat noem dat die vleis van diere wat deur weerlig gedood word, veilig is om te eet, maar dat dit ‘n onaangename smaak het en daarom “esteties onaanvaarbaar” vir mense is. 

 Hoe vinnig na 'n dier deur weerlig getref is, ontbind die karkas? Gegewe dat hy opblaas en styf raak (rigor mortis), en dat geen aasdier hom moontlik vreet nie - ontbind hy vinnig of vat dit buitengewoon lank? 

Die antwoord hierop is vinnig. Baie vinnig, oftewel vinniger as “normaal”. In alle waarskynlikheid ook “anders as normaal”… Ek kry nie regtig inligting hieroor nie, het nie al die antwoorde nie, en sal graag by my broerskind, Dr John Midgley, ‘n entomoloog wat sy doktorale tesis op die insekte wat by die ontbindingsproses betrokke is by diere wat op ons paaie doodgery is, hieroor wil kers opsteek. 

 My vermoede is dat verskillende ontbindingsbakterieë en verskillende brommers en hul maaiers in alle waarskynlikheid by hierdie karkasse ‘n groter rol gaan speel. Die natuur sorg vir homself en die rol van aasdiere in die verwydering van dooie diere en organismes, is slegs ‘n gedeelte van ‘n groter proses. 

Geantwoord deur dr. Dave Midgley, veearts en private veekonsultant.
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
Smalls

Besoek ons geklassifiseerde advertensies en plaas jou advertensie in Landbouweekblad én aanlyn. Vind ook vinnig en maklik die produk waarna jy soek!

Sien meer
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Besoek ons winkel!

Besoek die LBW-winkel en koop verskillende produkte soos boeke, tydskrifte, klere en meer.

Besoek LBW-winkel
Opsitkers
Canada farmer
Beste place to be is on the farm Enjoy outdoor Enjoy water sports I'm trying to be good to all people Everyone deserve the best
Ek is oulik en kom goed oor die weg met almal!
Ek is super fun en n groot grapgat, Ek kan lekker geselskap wees en ook "fun".Vat n kans en kyk!
Vind jou perfekte maat nou!
Ek is 'n:
Op soek na:
Ouderdomsgroep: tot