Kundiges
Soek in kundiges
Wees versigtig vir haarwurmuitbrake ná goeie reën
Vir watter parasietuitbrake moet boere op hulle hoede wees na die onlangse goeie reën?
Wydverspreide reën wat oor groot dele van die land geval het, gaan nou lei tot probleme met haarwurm.
Daar was tot November nie ernstige uitbrake van haarwurm in die veld nie en dosering was waarskynlike onnodig omdat die nagte te koud was.
Die algemene praktyk om die hele trop te doseer, is nie net 'n groot vermorsing nie, maar dit het die gevolg dat haarwurms nou weerstand toon teen die meeste wurmmiddelgroepe.
Ons beveel aan dat u slegs diere doseer waarvan die oogslymvliese witterig (bleek) is (FAMACHA-toets www.wormx.info) en kwakkele toon of 'n swak kondisie het. Haarwurm veroorsaak nie diarree nie.
Diere met lae vlakke van parasiete is in staat om hulself te beskerm teen nuwe infestasie mits hulle in goeie kondisie is.
Ná ongeveer 'n maand lei dosering dikwels tot uitbrake van haarwurmvrektes deurdat die diere hulle immuniteit verloor.
Die veiligste opsie is om gereeld ook mismonsters te neem om te bepaal wat die vlakke van wurmbesmetting is.
Dosering met mengsels van middels veroorsaak gewoonlik net groter probleme met weerstand wat vinniger intree.
Ons word byna daagliks gevra "Wat moet ek doseer?"
Ons ondervinding gedurende die afgelope somer was dat daar groot weerstand teen die meeste wurmmiddelgroepe is.
Die enigste manier om die vraag te beantwoord, is om 'n METRED-toets (Miseiertelling-reduksietoets) op die plaas te doen. Sien die aanwysings hier onder wat verduidelik hoe dit gedoen word.
Omdat ons verwag dat die vlakke van besmetting binnekort hoog gaan wees, beveel ons aan dat u die speenlammers, wat nog nie immuniteit teen haarwurm ontwikkel het nie, met ‘n effektiewe wurmmiddel doseer. Dan moet FAMACHA-ondersoeke gereeld gedoen word om te bepaal of alles goed verloop. Skakel ons gerus vir meer inligting.
Geen ander tropdosering behoort gedoen te word nie.
Slim boere doseer nie troppe nie. Doseer net die siek dier en los die beste diere uit.
METRED-toets
Skaapprodusente behoort te toets watter middels die beste resultate vir die behandeling van rondewurmparasiete sal lewer.
1. Bring elke maand ‘n tropmonster om ondersoek te word. Kollekteer 2 bolletjies van 10 tot 15 diere vir ‘n Mis-eier-telling (MET).
2. Sodra die MET van ‘n vatbare trop (bv. 2 tand ooie of speenlammers) 2000 of meer eiers per gram (epg) bereik, deel ons die trop in 5 groepe van 15 diere.
3. Kollekteer dan ‘n individuele monster van 4 bolletjies van elke skaap. Sit oorplaatjies in verskillende kleure vir elke groep aan.
4. Doseeer elke groep met ‘n verskillende produk van elk: bv a. Ivermektien (Klas 1) b.Fenbendasool (Klas 2) c. Levamisool (Klas 3) d. Rafoksanied (Klas 4) e. Trichloorfon (Klas 7) Indien jy reeds vermoed dat daar weerstand is teen die basiese 5 klasse kan daar nog twee groepe bykom vir Monopantel (Klas 9) en Derkwantel (Klas 10).
5. 10 dae na dosering neem ons weer ‘n monster van die gemerkte diere.
6. Ons gee dan na die MET ‘n verslag van watter produk(te) om te gebruik.
3. Kollekteer dan ‘n individuele monster van 4 bolletjies van elke skaap. Sit oorplaatjies in verskillende kleure vir elke groep aan.
4. Doseeer elke groep met ‘n verskillende produk van elk: bv a. Ivermektien (Klas 1) b.Fenbendasool (Klas 2) c. Levamisool (Klas 3) d. Rafoksanied (Klas 4) e. Trichloorfon (Klas 7) Indien jy reeds vermoed dat daar weerstand is teen die basiese 5 klasse kan daar nog twee groepe bykom vir Monopantel (Klas 9) en Derkwantel (Klas 10).
5. 10 dae na dosering neem ons weer ‘n monster van die gemerkte diere.
6. Ons gee dan na die MET ‘n verslag van watter produk(te) om te gebruik.
7. Herhaal die toets na twee jaar.
8. Neem monsters van 10 diere tydens dosering, merk hulle en neem na 10 dae weer monsters om te pepaal of die middel nog werk.
8. Neem monsters van 10 diere tydens dosering, merk hulle en neem na 10 dae weer monsters om te pepaal of die middel nog werk.
Geskryf deur:
Dr. Johan van Rooyen en span
Steynsburg – Dierehospitaal
veearts.sdh@nokwi.co.za
veearts.sdh@nokwi.co.za
Landbou.com/Landbouweekblad en die kenner aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige skade of persoonlike nadeel wat u kan ly as gevolg van die gebruik van hierdie inhoud nie.
E-publikasie
Landbouweekblad is Suid-Afrika se grootste landboutydskrif. Lees die digitale tydskrif hier.
Spesiale tydskrifte
Die losstaande tydskrifte Tegnologie, Boereplanne, Boerekos, Vee en Herlewing is nou in digitale formaat beskikbaar aan intekenare.
Rand - Dollar
16.09
-1.4%
Rand - Pond
19.60
-0.7%
Rand - Euro
16.93
-0.9%
Rand - Aus dollar
11.12
-1.3%
Rand - Jen
0.12
-0.9%
Goud
1,819.88
-0.2%
Silwer
20.81
-1.7%
Palladium
1,874.89
+0.1%
Platinum
913.50
+0.2%
Brent-ruolie
115.09
+1.7%
Top-40
61,789
+0.4%
Alle aandele
68,058
+0.3%
Hulpbronne 10
66,069
+0.9%
Industriële 25
80,452
+0.3%
Finansiële 15
15,394
-0.2%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag